Noord-k­wazu­lu-na­tal

As jy ’n lek­ker a­von­tuur vir ’n lang­na­week of kort skool­va­kan­sie soek, gaan ry drie be­son­der­se pas­se in die noor­de van K­wazu­lu-na­tal en die Vry­staat.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Mul­lers­pas en Nor­man­dien­pas is in die om­ge­wing van Me­mel en Ne­w­cas­t­le, ter­wyl Col­lings­pas op pad na Har­ri­smith is.

Hoe­kom moet ek gaan?

Jy het nie al­tyd tyd om oor die g­rens te gaan wan­neer jy die For­tu­ner uit die ga­ra­ge wil trek nie. Dan bied dié drie pas­se in Noord-k­wazu­lu-na­tal ’n lek­ker uit­da­ging.

Col­lings­pas is nie ’n pas wat jy met ’n Po­lo kan aan­durf nie – nie eens ’n ge­huur­de een nie! Slaap oor by die rus­ti­ge C­helms- ford-na­tuur­re­ser­vaat in die om­ge­wing, met ’n mooi uit­sig oor ’n groot dam. Die re­ser­vaat roem hom ook op die groot­ste oor­bie­tjie­be­vol­king in Suid-a­fri­ka.

Met die Nor­man­dien­pas gaan jou groot­ste uit­da­ging ein­de­lik wees om lank ge­noeg in die kar te bly om dit klaar te ry. Jy moet kort­kort stil­hou om die prag­ti­ge uit­sig­te te ge­niet. Die pas is baie mak, maar het lek­ker klip­pe­ri­ge op­draan­des na­by die kruin. (Die erg­ste bul­te is wel met be­ton be­dek.) Die wê­reld kan be­swaar­lik mooier. Stop by die uit­kyk­punt Die Ark, met ’n uit­sig ver oor groen val­leie, en die eeu oue Al­ge­me­ne Han­de­laar van AA Sur­tie op die piep­klein ne­der­set­ting Nor­man­dien ter­wyl jy in die om­ge­wing is. (Lees ook bl. 69.)

Mul­lers­pas is ’n goeie grond­pad­pas wat daag­liks deur boe­re in die om­ge­wing ge­ry word. Dit is dus glad nie har­de werk om te ry nie, maar jy ry weer eens deur ’n mooi groen om­ge­wing vol rol­len­de heu­wels. Op pad soon­toe kan jy stil­hou by die N­can­du-wa­ter­val, wat ’n skou­spel in die so­mer is. Be­soek ook die dorp Me­mel, wat die­self­de soort be­ko­ring as Cla­rens en Dull­stroom in­hou.

Hoe lank sal dit duur?

Jy kan al die pas­se in twee dae ry.

Bes­te tyd om te gaan?

Heel­jaar deur, hoe­wel van die pas­se moei­li­ker be­gaan­baar is in die re­ën­weer.

NIE VIR PO­LO’S NIE. Col­lings­pas is meest­al ’n skaf­li­ke grond­pad, maar plek-plek is dit erg klip­pe­rig. En mooi!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.