Li­u­wa­vlak­tes, Zam­bië

Een maal in jou le­we moet jy die wil­de­bees­mi­gra­sie beleef, en die Li­u­wa­vlak­tes in Zam­bië is ’n uit­ste­ken­de plek om dit te doen.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Die streek is in die wes­te van Zam­bië na­by aan die g­rens met An­go­la.

Hoe­kom moet ek gaan?

Die Li­u­wa Na­si­o­na­le Park is ’n 4x4-ry­er se droom. Dit is een van die mees af­ge­leë de­le van Zam­bië en het baie min in­fra­struk­tuur. Jy kan dit net met ’n 4x4 be­reik en moet heel­te­mal self­ver­sor­gend kan wees met kos en brand­stof.

Die naas­te ne­der­set­ting is Ka­la­bo, so­wat 40 km suid, wat ge­woon­lik net met bos­paaie en ’n pont be­reik kan word. Ka­la­bo het ’n rus­kamp, maar jy soek ver­niet na ’n piek­niek­plek en ’n bad­ka­mer in die park.

Die mees­te men­se sit die Li­u­wa­vlak­tes op hul­le em­mer­skop­lys om­dat so­wat 35 000 wil­de­bees­te in die park jaar­liks aan die wil­de­bees­mi­gra­sie deel­neem.

Bes­te tyd om te gaan

Die reis­bro­sju­res stel Ju­nie tot No­vem­ber voor, maar Weg­ry- le­sers was al vroeg De­sem­ber daar son­der pro­ble­me. Au­gus­tus tot ein­de No­vem­ber is die bes­te tyd om te sien hoe die wil­de­bees­te van­af An­go­la mi­greer. Ver­my eg­ter die ge­bied tus­sen mid­del De­sem­ber en ein­de Mei wan­neer er­ge ver­spoe­lings voor­kom. Net vir in­ge­val jy nie die waar­sku­wing erns­tig op­neem nie: In die re­ën­sei­soen swel die Zam­be­zi-ri­vier van ’n b­reed­te van 300 me­ter tot 30 km! Ok­to­ber is die warm­ste maand in die streek.

Hoe lank gaan dit duur?

Moe­nie hier­die va­kan­sie pro­beer af­blits nie. Jy gaan heel­wat tyd no­dig hê om daar te kom en dit na waar­de te waar­deer. As jy nie 100% self­ver­sor­gend kan wees nie, oor­weeg om saam met B­he­ja­ne-toe­re te reis. Hul­le bied jaar­liks ver­skeie toe­re na die Li­u­wa­vlak­tes aan.

GOUD IN DIE MOND. Die Li­u­wa­vlak­tes is be­kend vir sy groot wild­ge­tal­le en die wil­de­bees­mi­gra­sie, en sons­on­der­gan­ge soos dié.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.