Wil­de­per­de­hoek­pas

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Dié pas is deel van die Rooi­kat-e­ko­roe­te bin­ne die Na­ma­kwa Na­si­o­na­le Park, en loop oor in die Mes­sel­pad­pas.

GPS op die kruin

S29.944998 E17.632196

Het ek ’n 4x4 no­dig?

Die pas is baie mak in goeie weer, maar jy gaan ’n 4x4 no­dig hê as die re­ën uit­sak.

Wat maak die pas spe­si­aal?

In blom­me­tyd sal jy jou oë nie glo nie, en op ’n goeie dag kan jy tot by Koing­naas en Hon­de­klip­baai in die wes­te sien. Dis ook nie reg­tig ’n har­de­baard-uit­da­ging vir be­stuur­ders nie en is ’n lek­ker ge­sins­uit­stap­pie – be­hal­we dalk vir ’n bie­tjie hoog­te­vrees hier en daar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.