Dood­s­ak­ker, An­go­la

As jy van on­ge­rep­te be­stem­mings met vol­op na­tuur­skat­te droom, sit die sui­de van An­go­la, met sy se­nu­ter­gen­de Dood­s­ak­ker, op jou reis­lys.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Die Dood­s­ak­ker is ’n strook van 60 km tus­sen die pomp­sta­sie Foz do Cu­ne­ne en Tom­bua langs die kus noord van die Ku­ne­ne in An­go­la. Die laas­te 18 km word op kaar­te ge­merk as “ui­ters ge­vaar­lik”.

Hoe­kom moet ek gaan?

Die streek is be­kend vir sy skeeps­wrak­ke en skou­spel­ag­ti­ge na­tuur­to­ne­le, en is ’n reis vir dié met ha­re op die tan­de. Die Dood­s­ak­ker sluk kort-kort ’n voer­tuig in, soos die e­pie­se sto­rie van die Slab­berts ( Weg­Ry 20) wat hul­le ge­lief­de Hi­lux daar moes ag­ter­laat. Die roete loop oor ’n s­mal strook tus­sen die see en hoë dui­ne. Daar is geen noe­mens­waar­di­ge s­trand waar­op jy kan ry nie, en vir so­wat 40 km is dit on­on­der­bro­ke dui­ne aan jou een sy, en die see aan jou an­der sy. Jou e­nig­ste kans om daar­deur te ry is met laag­wa­ter.

Jo­han Ba­den­horst van die Voet­spo­re- span, wat ook al hier ’n noue ont­ko­ming ge­had het, sê jy het meer as net ken­nis en er­va­ring no­dig vir die Dood­s­ak­ker: “Dis ’n plek waar jy die ge­ty moet reg lees, waar jy ’n bie­tjie ver­nuf moet hê, ook ’n bie­tjie ge­luk, en na­tuur­lik ’n be­hoor­li­ke voer­tuig.”

As jy die spook­dorp Sao Mar­tin­ho dos Ti­g­res op die ei­land Baía dos Ti­g­res wil be­soek, moet jy ’n boot tot half­pad in die Dood­s­ak­ker sleep en van daar af die 10 km na die ei­land per boot af­lê.

Bes­te tyd om te gaan

Mei tot Ok­to­ber is die droë maan­de in die streek, want dink net hoe sal re­ën die uit­da­ging ver­er­ger.

Hoe lank gaan dit duur?

Die rit self is net en­ke­le se­nu­ter­gen­de ure lank, maar jy kan dit kom­bi­neer met ’n be­soek aan die Io­na Na­si­o­na­le Park en die pro­vin­sie Na­mi­be in An­go­la.

Gaan kyk ook na die C­ris­to Rei-stand­beeld in Lu­ban­go, ’n re­pli­ka van die Chris­tus­beeld in Rio de Ja­nei­ro.

LAAS­TE RUSPLEK. Die Va­nes­sa Se­a­food het 25 km suid van Tom­bua ge­strand en het sy laas­te rusplek op die Dood­s­ak­ker ge­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.