Gam­chab, Na­mi­bië

Ry so­wat 12 km in hier­die ri­vier­loop af en ver­stom jou oor die prag van

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Dit is ’n kort roete deur die Gam­chab-ri­vier­bed­ding (na­by Ka­ras in Na­mi­bië) en be­gin so­wat 10 km ná Aus­sen­kehr in die sui­de van Na­mi­bië. So­wat 4 km wes van die ne­der­set­ting kry jy die D207, ’n grond­pad wat regs (noord) na Ai-ais lei.

Ry ver­by hom, in die rig­ting van Rosh Pi­nah, tot­dat jy ’n se­ment­laag­wa­ter­brug­gie kry, so­wat 7 km ver­der. Dis hier waar die Gam­chab-roete be­gin. Die pre­sie­se plek waar jy in­draai wis­sel weens die vloe­de, maar kyk maar net waar jy spo­re sien en draai daar in. Van hier af ry jy so­wat 12 km in die ri­vier­loop voor­dat die paad­jie weer by die D207 aan­sluit.

Hoe­kom moet ek gaan?

Die Gam­chab is ge­wild on­der 4x4-ry­ers, maar is nie ’n moei­li­ke roete nie, so­lank daar nie te veel wa­ter in die ri­vier is nie. Daar is ’n dui­de­li­ke twee­spoor­roe­te tus­sen vloe­de wat mak­lik is om te volg.

Die sand in die ri­vier­loop is klam. Daar­om is die ry-op­per­vlak ferm, wat dit ook mak­lik maak om te ry. Dis boon­op ’n mooi roete – die paad­jie lê in ’n poort

Suid-na­mi­bië.

en die kran­se skiet vir et­li­ke me­ters langs jou voer­tuig op. Jy kan stil­hou vir ’n piek­niek, ’n braai of selfs om te kam­peer (so­lank jy die plek skoon los). Ont­hou wel dat die ri­vier kan af­kom in die re­ën­sei­soen.

Bes­te tyd om te gaan

Die re­ën val ge­woon­lik tus­sen De­sem­ber en Maart, en A­pril en Mei is heer­li­ke maan­de.

Hoe lank gaan dit duur?

Die roete is net 12 km lank en sal so­wat ’n half­uur neem as jy nie stil­hou vir ’n braai nie.

DIS ’N KORTETJIE. ’n Rit af in die loop van die Gam­chab sal jou nie dae lank be­sig hou nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.