Ek­stra on­der­de­le

Neem ’n paar ek­stra van die be­lang­rik­ste on­der­de­le.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

1 Pe­trol­pomp. Dis ’n ding wat mak­lik breek.

2

S­trop­pe. S­per­ratstrop­pe maak styf vas en die me­ga­nis­me van ’n cam buckle-strop breek nie. Hou maar ’n paar van e­ni­ge soort ie­wers in jou bak­kie. Koop ge­hal­te­strop­pe.

3

Wiel­la­er. Maak se­ker jy weet wat jou voer­tuig ge­bruik en pak maar een in. Jy ge­bruik dit dalk nooit nie, maar jy weet nooit …

4

Kruis­kop­pe­ling. Jy kan hom dalk nie self in­sit nie, maar as jy hom het, kan ie­mand an­ders.

5

Ver­koe­ler­pyp. Dit is goed­koop en be­lang­rik.

6

Ek­stra rem­blok­kies. Nie le­wens­be­lang­rik nie, maar dit vat nie baie plek nie en kan jou ’n rem­skyf spaar.

7

Brand­stof­fil­ter. Vuil die­sel of pe­trol ver­oor­saak dik­wels pro­ble­me in A­fri­ka. Jy weet nie wat jy kry as jy on­der ’n boom vol­maak nie.

8

Waai­er­ban­de. Ver­geet Mams se sy­kous. Kry die reg­te groot­tes vir jou voer­tuig. Hou jou ou­es ná die diens ge­doen is, dan weet jy dat dit die reg­tes is.

9

Pyp­klem. Vat ’n hand vol.

10

Gloei­lam­pies. Jy’t net twee of drie no­dig.

11

Bat­te­ryk­lam­pe. Dit pak aan en raak weg­ge­vreet.

12

Bou­te en moe­re. Gooi ’n paar 4 mm-, 6 mmen 8 mm-bou­te en moe­re in ’n blik.

13

Rub­ber­was­ters. Dit het baie ge­brui­ke. Jy kan by­voor­beeld ’n skok­bre­ker­rub­ber hier­mee ver­vang as dit tot niet ge­gaan het.

14

Skroef­staaf ( thre­a­ded

rod). Vat ’n stuk elk 6 mm-, 8 mm- en 10 mm­skroef­staaf saam met die no­di­ge moe­re en was­ters. Dalk moet jy iets soos ’n U-bout prak­seer.

15

Ek­stra mo­tor­sleu­tels.

Steek ’n ek­stra sleu­tel ie­wers weg. Na­tuur­lik nie in jou eie voer­tuig nie, maar dalk in ie­mand an­ders se mo­tor in die kon­vooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.