Capri­vi, Na­mi­bië

Hoe­wel dié deel van Na­mi­bië se­dert 2013 as die Zam­be­zi-streek be­kend staan, is dit steeds die­self­de won­der­li­ke be­stem­ming vol wild en na­tuur­prag.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Die Capri­vis­trook, dees­dae be­kend as die Zam­be­zi- streek, is ’ n dun vin­ger van Na­mi­bië teen­aan die g­rens met Botswa­na.

Hoe­kom moet ek gaan?

Hier­die is ’ n mooi reis deur ’ n ge­bied vol­op wild en tier­vis.

Be­gin jou reis aan die Botswa­na- kant, by Ka­sa­ne, en toer wes. Drie groot ri­vie­re vloei deur die streek, met tal­le lod­ges op die lo­wer­ry­ke oe­wers van die Zam­be­zi-, K­wan­do- en O­ka­van­go­ri­vie­re.

Plek­ke soos Ka­li­zo Lod­ge, ’ n kamp met stil, gras­be­dek­te kamp­plek­ke so­wat 40 km oos van Ka­ti­ma Mu­li­lo, is die hoof­stad van Capri­vi en ’ n pa­ra­dys vir hen­ge­laars. Daar is ook al meer as 450 vo­ël­spe­sies in die ge­bied aan­ge­te­ken.

Van hier af kan jy ver­der wes mik met die B8- teer­pad, wat deur die mid­del van die Capri­vi wik­kel, tot by N­ge­pi Camp en op ’ n we­li­ge gras­perk langs die O­ka­van­go­ri­vier kamp op­slaan. ’ n Swem in N­ge­pi se “kro­ko­dil­hok”, ’ n dry­wen­de, om­hein­de swem­bad in ’ n ri­vier vol kro­ko­dil­le en see­koeie, is ’ n be­le­we­nis wat jy nooit sal ver­geet nie.

Mik van hier af vir die Ma­han­go- kern­ge­bied – ’ n deel van die B­wabwa­ta Na­si­o­na­le Park so­wat 10 km suid van N­ge­pi. Ma­han­go oor­tref al­le ver­wag­tin­ge en jy gaan tal­le dier­spe­sies sien. Op die kort, ge­wil­de roete al langs die ri­vier is daar ook ’ n ver­skei­den­heid van plan­te­groei, van pa­pi­rus­moe­ras­se tot kre­me­tart­bo­me.

Van hier af, ry met die B8 te­rug na Kon­go­la en dan suid met die K­wan­do­ri­vier langs op die C49 tot by die im­mer­ge­wil­de Camp K­wan­do, en daar­na deur die we­s­te­li­ke rand van die Mu­du­mu Na­si­o­na­le Park ( dis so nog 16 km). Be­soek ook die Ma­mi­li Na­si­o­na­le Park, wat in die sui­de aan Botswa­na se wild­kyk­pa­ra­dys, Sa­vu­ti, g­rens. Hier er­vaar jy die on­ver­dun­de en uit­da­gen­de A­fri­ka- wil­der­nis. En el­ke nu­we paad­jie lei na ’ n nu­we wa­ter­gat met see­koeie en kro­ko­dil­le, of een met ’ n dui­send pe­li­ka­ne.

Bes­te tyd om te gaan

Dis heel jaar lek­ker, maar ver­my die nat­ste maan­de – Ja­nu­a­rie en Fe­bru­a­rie.

Hoe lank gaan dit duur?

Gee jou­self min­stens ’ n week om dié reis van so­wat 500 km te ge­niet.

VEILIGE HA­WE. By N­ge­pi se “kro­ko­dil­hok” kan jy ont­span, son­der om jou oor ge­dier­tes te be­kom­mer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.