Tank­wa-ka­roo

Gaan wys die kroos die ster­re en die Salt-te­le­skoop op Sutherland, en ry ’n wye draai deur die Tank­wa Ka­roo Na­si­o­na­le Park, ver­al in sneeu­tyd.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Hier­die sir­kel­roe­te be­gin en eindig in Ce­res en sluit ’n hand­vol mooi pas­se in, met ’n draai in Sutherland en die Tank­wa Ka­roo Na­si­o­na­le Park.

Hoe­kom moet ek gaan?

Dis ’n mak­li­ke ant­woord: Want dis ’n af­ge­son­der­de, rus­ti­ge grond­pad­roe­te deur die Ka­roo.

As jy meer oor­tui­ging no­dig het, kan ons ook vir jou sê dis ’n grond­pad­roe­te wat van die om­ge­wing se mooi­ste pas­se in­sluit. Tus­sen Ce­res en die Tank­wa-pad­stal ry jy die Kat­bak­kies- en Peer­booms­kloof­pas­se. Dan die Ou­berg­pas voor Sutherland, waar jy ’n uit­ge­strek­te uit­sig oor die Tank­wa kry. Van­af Mid­del­pos ry jy via die Gan­nag­a­pas tot in die Tank­wa-ka­roo Na­si­o­na­le Park. En jy kan nie vir ’n be­ter ver­wel­ko­ming in dié park vra nie. Die Tank­wa maak skie­lik en dra­ma­ties voor jou oop en jy ry tus­sen hoë ber­ge deur met die stow­we­ri­ge vlak­te doer on­der jou.

Tus­sen-in kan jy ’n aand of wat in Sutherland oor­slaap en op ’n ster­re­toer gaan om meer van die he­mel­ruim te leer. Pro­beer ook tyd maak vir ’n be­soek aan die ob­ser­va­to­ri­um waar Salt, Suid-a­fri­ka se groot­ste te­le­skoop, staan.

Maak be­slis ook tyd vir ’n aand of twee in die Tank­wa. Hier is heel­wat ver­blyfop­sies en baie paaie in die park om te ver­ken. Jy kan blom­me kyk, wild soek en ook die Leeu­berg-4x4-roete ry.

Vir 4x4-roe­tes moet jy ’n 4x4 met la­e­s­trek hê, maar ’n sag­te veld­ry­er sal deug vir die grond­paaie en pas­se. Geen­een van die pas­se is ’n kar­bre­ker nie en ons het selfs ’n se­dan of twee op Kat­bak­kies ge­sien (al­hoe­wel ons nie sal aan­be­veel dat jy e­ni­ge van die an­der pas­se met ’n se­dan ry nie).

Bes­te tyd om te gaan

Die win­ters is ys­koud, maar dis ’n spe­si­a­le tyd in die Ka­roo, ver­al in Sutherland. Ver­my die warm so­mers.

Hoe lank gaan dit duur?

Die he­le roete, van Ce­res deur Sutherland en die Tank­wa-park tot te­rug in Ce­res, is so­wat 500 km lank. Dis i­de­aal vir ’n lang­na­week, want jy moet be­slis ’n nag of twee in Sutherland en die park slaap.

VER IN DIE WÊ­RELD. Gaan kyk na­by die Tank­wa Ten­ted Camp hoe die son oor die Ka­roo sak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.