Na­ma­kwa­land

Blom­me is nie Na­ma­kwa­land se e­nig­ste trek­pleis­ter nie. Hier is ’n groot aan­tal grond­pad­pas­se wat deur die af­ge­son­der­de Noord-kaap­se na­tuur­skoon kron­kel.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Ry ’n sir­kel­roe­te deur Na­ma­kwa­land in die Noord-kaap van­af Ga­ries oor die S­poe­g­ri­vier tot by Ka­mies­kroon. Ry van daar af op na S­pring­bok, wes na Ko­mag­gas en weer suid in die rig­ting van Ka­mies­kroon tot by Ga­ries.

Hoe­kom moet ek gaan?

Die roete neem jou oor 11 skou­spel­ag­ti­ge pas­se en deur die be­ken­de Na­ma­kwa Na­si­o­na­le Park. Maak jou reg vir mooi uit­sig­te, twee­spoor­paad­jies, san­de­ri­ge ri­vier­lo­pe en ge­mak­li­ke grond­paaie op pas­se soos Sy­fer­hoog­te, Wil­de­per­de­hoek, S­kurf­hoog­te, Ka­mies­hoog­te en Groen­kloof (dié pas styg tot 1300 m bo see­vlak). Ver­al die Wil­de­per­de­hoek­pas, wat oor­gaan in die Mes­sel­pad­pas, is slegs vir voer­tuie met goeie grond­vry­hoog­te ge­skik. (Lees meer op bl. 64.)

Tus­sen-in kan jy by die Ka­mies­kroon-ho­tel ’n la­fe­nis gaan soek, ’n heer­li­ke mid­dag­e­te by die S­pring­bok Lod­ge en Re­stau­rant eet en, ja, ook blom­me kyk in die len­te.

Bes­te tyd om te gaan

Au­gus­tus en Sep­tem­ber is die gewildste blom­me­kyk­maan­de. As jy in v­re­de wil ry, oor­weeg Ok­to­ber tot Ju­lie. Hoog­so­mer is dalk ’n bie­tjie warm, maar die res van die jaar is ge­rief­lik.

Hoe lank gaan dit duur?

Die roete is om­trent 400 km lank en jy be­hoort dit ge­mak­lik in 3 dae te kan ry.

MEER AS NET BLOM­ME. Na­ma­kwa­land is ook ’n be­soek bui­te blom­me­tyd werd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.