Swart­berg­pas

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

GPS op die kruin:

Waar is dit?

Die pas loop deur die Swart­ber­ge tus­sen Oudts­hoorn in

die sui­de en Prins Al­bert in die noor­de.

S33.352335 E22.046130

Het ek ’n 4x4 no­dig?

Daar is men­se wat dit in ge­wo­ne voer­tuie ry, maar jy sal dank­baar wees vir jou 4x4, ver­al in die win­ter wan­neer

die ho­ër de­le sneeu kry.

Wat maak die pas spe­si­aal?

Dis nie net ’n i­ko­nie­se berg­pas nie, maar ook ’n na­si­o­na­le ge­denk­waar­dig­heid. ’n Groot deel van die Swart­ber­ge is ’n Unesco-wê­reld­er­fe­nis­ge­bied. Dit was Thomas Bain se laas­te pas en is tus­sen 1883 en 1886 ge­bou. Maak jou

ge­reed vir skerp draaie – soms moet jy eers ’n ent­jie te­rug­stoot om óm die draai te kom, en geen swaar voer­tuie

of sleepgoed word toe­ge­laat nie. Wees op die uit­kyk vir die “Pi­ne bush pi­cnic a­rea” – jy sal in daar­die om­ge­wing

die be­gin van die 75 km lan­ge 4x4-roete kry (kry ’n per­mit hier­voor by Ca­pe Na­tu­re of die Swart­berg­pas-na

tuur­re­ser­vaat). ’n Paar ki­lo­me­ter ver­der aan sal jy ook die af­draai na die be­ken­de Gam­kas­kloof (Die Hel) kry,

wat ook ’n ver­plig­te a­von­tuur vir 4x4-en­toe­si­as­te is.

DIS DIE HE­MEL. Al voor­spel die naam dat daar ’n ge­ween en ’n ge­kners van tan­de sal wees, is dit 50 on­ver­geet­li­ke ki­lo­me­ters dié. LOS MAAR DIE SLEEPGOED. Die Swart­berg­pas het ’n paar skerp draaie en kron­kels, en geen swaar voer­tuie of ka­ra­va­ne word toe­ge­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.