Suid-na­mi­bië

Volg die ag­ter­paaie van die kus tot die sui­de van Na­mi­bië.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Ry lui­lek­ker van­af Wal­vis­baai suid­waarts tot by die Noor­doe­wer-grens­pos, en stop langs die pad by die Kui­se­bca­nyon, So­li­tai­re, Ses­riem, Aus, Rosh Pi­nah en die Gam­chab-ri­vier­loop.

Hoe­kom moet ek gaan?

Men­se ry baie teer­pad­langs van Wal­vis­baai of S­wa­kop­mund via Wind­hoek te­rug na Suid-a­fri­ka. Maar die grond­paaie en die skou­spel- ag­ti­ge na­tuur­skoon van die pad wat via die Kui­seb-ca­nyon, So­li­tai­re en Aus loop, is van die mooi­ste wat jy in jou le­we sal sien.

Die rit op die C14 in die Kui­se­bca­nyon af, sal jou met prag­ti­ge uit­sig­te be­loon. Gaan kyk na Karp­fenk­liff, die plek waar die Duit­se ge­o­loë Hen­no Mar­tin en Her­mann Korn vir twee jaar lank ty­dens die Twee­de Wê­reld­oor­log weg­ge­kruip het. Ná die Kui­se­bca­nyon maak die wê­reld oop, met groot vlak­tes en plat­te­ri­ge rooi dui­ne langs die grond­pad na So­li­tai­re. Gaan kyk ook na die Du­wi­sib-kas­teel na­by Bet­ta, wat in 1908 met hard­kop­pi­ge deur­set­tings­ver­moë deur die Von Wolf-eg­paar ge­bou is.

Daar­na volg jy die D707 suid­waarts waar dit vir am­per ’n 100 km ’n boog langs die rand van die Na­mib maak. Hier sal jy woes­tyn­gems­bok­ke en an­der wild sien, maar vir ure geen an­der voer­tuie te­ë­kom nie. By Aus kan jy jou ver­kyk aan die be­roem­de wil­de woes­tyn­per­de wat af­stam­me­lin­ge is van per­de wat deur die Duit­se ko­lo­ni­a­le S­chüt­z­trup­pen hier­heen ge­bring is.

As jy suid aan­ge­hou het tot by Rosh Pi­nah, kan jy een van twee roe­tes ver­der vat. Jy kan óf met ’n mooi grond­pad al langs die Oran­je­ri­vier in die rig­ting van die Vi­ools­drif-grens­pos met Suid-a­fri­ka ry, óf jy kan met die Sen­de­lings­drif-grens­pos die g­rens met die pont oor­steek en die Richtersveld-park be­soek.

Bes­te tyd om te gaan

In die so­mer raak dit bloe­dig warm hier, maar as jou lug­ver­sor­ger werk, sal jy kan deur­druk. In die win­ter­maan­de is dit weer koud, hoe­wel die dae lek­ker ma­tig is.

Hoe lank sal dit duur?

Jy kan dit kui­er-kui­er in ’n week doen.

IN DIE NIET. Die rit af in die Kui­se­bca­nyon sal jou met prag­ti­ge uit­sig­te be­loon

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.