Suid-ka­la­ha­ri

Hie­die re­ser­vaat, in die mid­del van Botswa­na, is nie om do­we neu­te een van die gewildste be­stem­mings vir 4x4-rei­si­gers nie. Jy sal eg­ter heel­te­mal self­on­der­hou­dend moet wees as jy ’n draai hier wil maak.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Reg in die mid­del van Botswa­na, in die hart van die Ka­la­ha­ri-woes­tyn, lê die Sen­tra­le-ka­la­ha­ri-wild­re­ser­vaat, een van die groot­ste wild­re­ser­va­te ter wê­reld. Maar so groot soos wat die re­ser­vaat is, so af­ge­son­der en on­ge­rep is dit. Die noor­de is die deel met die mees­te kamp­plek­ke en wa­ter­ga­te, en be­slis die gewildste deel om te be­soek.

Hoe­kom moet ek gaan

E­ni­ge be­soek aan die Ka­la­ha­ri, of dit nou die K­gala­ga­di-oor­grens­park, die oos­te van Na­mi­bië of die Zam­bie­se vlak­tes is, is ’n be­le­we­nis.

Nie net is dit die groot­ste sand­kom ter wê­reld nie, maar die be­ken­de rooi dui­ne, wild wat by die wa­ter­ga­te saam­drom en oor die vlak­tes ga­lop en so­mer­don­der­storms wat die dor­re wê­reld in ’n oog­wink kan af­koel, maak dit iets om te beleef. Dit is jaar­liks ’n groot trek­pleis­ter vir be­soe­kers van oral in Suid-a­fri­ka en die bui­te­land, en ver­al ná die re­ën­sei­soen (Ok­to­ber tot Maart) ver­an­der die noor­de van die re­ser­vaat in ’n lus­hof.

Dan is dit een van die top­wild­kyk­be­stem­mings in Botswa­na. Hier­die sa­me­koms van wild kan ver­ge­lyk word met die jaar­lik­se Se­ren­ge­ti/ Ma­sai Ma­ra-wild­mi­gra­sie tus­sen Tan­za­nië en Ke­nia.

Bes­te tyd om te gaan

Van No­vem­ber tot Maart is die Sen­traal-ka­la­ha­ri on­der wa­ter, die plan­te­groei ruig en die dae be­dom­pig. As jy wil die­re kyk, is die bes­te tyd ná die re­ën­sei­soen. Sep­tem­ber tot No­vem­ber is eg­ter baie warm en on­ge­mak­lik.

Hoe lank gaan dit duur?

Sit drie dae tot ’n week op­sy vir die Sen­traal-ka­la­ha­ri, maar ont­hou ook dat dit jou min­stens ’n dag of twee gaan vat om daar te kom en weer te­rug.

As jy an­der de­le van Botswa­na wil be­soek, soos Ku­bu-ei­land en die Mak­ga­dik­ga­di-pan­ne, sal jy in twee tot drie we­ke op­sy moet sit.

KAT­VOET. Daar is baie leeus in die om­ge­wing. Hou dit in ge­dag­te as jy kamp op­slaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.