Ma­te­beng­pas

Ma­te­beng-

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Nou hier­die pas is rê­rig in Le­so­tho. Die Ma­te­beng­pas lê in die suid­oos­te­li­ke hoek van die land, so­wat 20 km voor die Sehla­bat­he­be Na­si­o­na­le Park.

GPS op die kruin:

S29.876813 E 28.971114

Het ek ’n 4x4 no­dig?

Ver­kies­lik, ja. Die pas is re­de­lik steil en hoe­wel dit mak­lik sal wees as jy in droë weer ry, is dit nie kin­der­spe­le­tjies in die re­ën nie. In dié wê­reld ver­an­der die weer vin­nig en die paaie daar­mee saam. As dit eers hier be­gin sous, hou dit som­mer vir ’n paar dae aan. En as dit erg ge­sneeu het . . . wel, dan het jy pro­ble­me.

Wat maak die pas spe­si­aal?

Ma­te­beng­pas is baie meer on­ge­rep as Sa­ni. Al wat ’n pad in Le­so­tho is, word dees­dae ge­teer, maar Ma­te­beng het dit tot nou toe vry­ge­spring. Die pas is lek­ker stil en die uit­sig­te is net so mooi soos die par­ke in Le­so­tho.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.