K­lein-ka­roo

Pak die klein­goed en die skoon­ou­ers in vir ’n rus­ti­ge reis deur die K­lein-ka­roo.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Die pas­se en poor­te van die K­lein-ka­roo tus­sen die Swart­ber­ge in die noor­de en die Lan­ge­ber­ge in die sui­de is se­ker een van die skil­der­ag­tig­ste land­skap­pe in Suid-a­fri­ka. Jy kan in hier­die kloof ’n goeie do­sis grond­pad ry.

Hoe­kom moet ek gaan?

As jy die K­lein-ka­roo en die Oudts­hoorn-om­ge­wing net met die KKNK ver­bind, sal jy bly wees om te weet dat daar meer aan hier­die streek is. Daar is heel­wat plek­ke wat jou a­von­tuur­lus sal aan­wak­ker, en jy kan vir ure aan­een op die mag­dom grond­paad­jies ry son­der om ie­mand an­ders se stof te ge­waar. As jy ’n bie­tjie be­lang­stel in die land se ge­skie­de­nis, is hier­die ’n goud­myn van plek­ke om te ont­dek, om nie eers te praat van die prag­ti­ge pas­se soos die Swart­berg­pas, Se­we­weeks­poort en Rooi­berg­pas nie.

Dan is daar ook heel­wat re­ser­va­te, par­ke en va­kan­sie­pla­se wat elk sy eie ka­rak­ter het. Gam­kas­kloof, be­ter be­kend as Die Hel, is in die hart­jie van die Swart­ber­ge, en be­slis nie iets wat jy durf mis­loop nie. (Lees meer op bl. 65.) Dan, as jy vir ’n bie­tjie meer lus het, kan jy so paar van die har­de­baard-4x4-roe­tes in die om­ge­wing aan­pak. So waar­voor wag jy?

Bes­te tyd om te gaan

Dit raak soms bloe­dig warm hier in die so­mer, so die bes­te tyd om te gaan is herfs tot len­te. In die win­ter re­ën dit ge­reeld, wat die om­ge­wing lo­wer­groen laat ver­toon. En die len­te­blom­me staan nie te­rug vir Na­ma­kwa­land s’n nie.

Hoe lank gaan dit duur?

Om aan die K­lein-ka­roo werk­lik reg te laat ge­skied, het jy min­stens ’n week no­dig.

KRON­KEL DEUR DIE KA­ROO. Die streek is ’n pas­lief­heb­ber se droom. Ge­niet on­der meer ’n rit oor Thomas Bain se be­ken­de Swart­berg­pas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.