Ma­pu­ta­land

Dis ’n ge­bied wat oor­trek is van die Groot Vyf-wild­re­ser­va­te en is ook ’n hen­gel- en duik­pa­ra­dys.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Ma­pu­ta­land is in die noor­de­li­ke hoek van K­wazu­luNa­tal, daar waar Suid-a­fri­ka gren­se met Mo­sam­biek en S­wa­zi­land deel. Dit be­gin min of meer by die Hluhlu-im­fo­lo­zi-wild­re­ser­vaat in die sui­de en strek tot teen die In­die­se O­se­aan, en die sui­de­li­ke gren­se van Mo­sam­biek en S­wa­zi­land.

Hoe­kom moet ek gaan?

Be­hal­we vir die tro­pie­se kus­lyn waar jy lui­lek­ker met jou to­ne in die sand kan ont­span, is Ma­pu­ta­land oor­trek van wild­re­ser­va­te waar die Groot Vyf nog meest­al on­ge­hin­derd leef. Soos die Hluhlu­we-im­fo­lo- zi-wild­re­ser­vaat wat be­kend is vir sy wit­re­nos­ters. Die i­si­man­ga­li­so-vlei­land­park strek vir 200 km langs die kus en hier kan jy ver­skeie s­kil­pad- en vo­ël­spe­sies te sie­ne kry, as­ook die mees sui­de­li­ke sag­te ko­raal­riw­we in A­fri­ka.

Met ’n 4x4-per­mit kan jy die san­de­ri­ge kus­paad­jies rond­om die Si­bayi-meer noord tot by Ko­si­baai en Ko­si­mond ver­ken (be­spreek die per­mit ’n dag voor die tyd).

Ook, van die oud­ste te­kens van Ho­mo sa­piens is in die Le­bom­bo­ber­ge na­by die U­sut­hu-ra­vyn ge­vind. Vir die ge­skie­de­nis-bof­fins: Die Hluhlu­we- en im­fo- lo­zi-re­ser­va­te was des­tyds S­ha­ka, ko­ning van die Zoe­loes, se guns­te­ling­jag­veld. Die ge­bied is ’n hen­gel- en duik­pa­ra­dys.

Bes­te tyd om te gaan

Die noor­de van K­wazu­lu-na­tal is heel­jaar ma­tig, maar nooit werk­lik koud nie. In die so­mer (De­sem­ber tot Fe­bru­a­rie) kan dit baie warm en be­dom­pig raak, maar dit is al­tyd leef­baar. Die res van die jaar is piekfyn. As jy wil wild­kyk, oor­weeg die win­ter.

Hoe lank gaan dit duur?

’n Week sal jou tyd gee om van die wild­re­ser­va­te te ver­ken en te duik.

SOOS ’N VIS IN DIE WA­TER. Die vis­kra­le by Ko­si­baai is iets u­nieks wat jy dank­sy jou 4x4 kan beleef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.