Wa­ter­berg

Jy hoef nie al­tyd die lang pad te vat as jy jou 4x4 uit die ga­ra­ge wil trek nie. Op die voor­stoep van Noord­wes en Lim­po­po is hier­die ju­we­le.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Hier­die reis tus­sen die Wa­ter­ber­ge be­gin wes van Pretoria in B­rits. Dan skiet dit noord na Je­ri­cho en van hier af ver­der noord tot by die Bo­ra­ka­la­lo Na­si­o­na­le Park, wes in die rig­ting van die Kro­ko­dil­ri­vier en dan noord na Leeu­poort. Van daar ry jy oos na Be­la-be­la ver­by die ge­wil­de Ma­ba­ling­we-na­tuur­re­ser­vaat.

Hoe­kom moet ek gaan?

Hier­die roete is ’n vin­ni­ge en mak­li­ke weg­breek vir die Gau­ten­gers. Die om­ge­wing is pu­re Bos­veld, die uit­sig­te a­sem­ro­wend en die kli­maat by­na heel­jaar heer­lik. Die e­nig­ste sleg­te deel van die pad is tus­sen Bo­ra­ka­la­lo en Je­ri­cho.

Die Bo­ra­ka­la­lo-park is op die oe­wer van die Mo­re­te­le­ri­vier en strek oor 14 000 hek­taar. Die park is in ’n ma­la­ri­a­vrye ge­bied ge­leë en word as ’n vo­ël­kyk­pa­ra­dys be­skou. Hoe­wel Bo­ra­ka­la­lo nie uit­sluit­lik vir 4x4-toe­ris­te ge­skik is nie, is dit min­der as 60 km van die De Wildt-4x4-roete, waar me­ni­ge 4x4-groen­tjie al sy tan­de ge­sny het.

Ma­ba­ling­we is ’n Groot Vyf-na­tuur­re­ser­vaat wat oor 12 500 hek­taar strek. Dit is so­wat 180 km van Sand­ton af en 135 km van Pretoria, wat dit i­de­aal maak vir ’n vin­ni­ge a­sem­skep­kans.

Bes­te tyd om te gaan

In dié ma­ti­ge kli­maat is die weer eint­lik heel jaar aan­ge­naam, maar die so­mers kan wel baie warm raak.

Hoe lank gaan dit duur?

Die roete is 330 km lank en is ge­skik vir ’n na­week­weg­breek.

SPRINGBOKVLAKTE. Die mid­del­punt van hier­die vrug­ba­re vlak­te is die dorp Roed­tan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.