Suid-kaap

Ry die se­we­pas­se­roe­te na­by Knys­na en ver­ken die Tuin­roe­te soos die na­tuur­ken­ner Wil­li­am Bur­chell van ouds.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Tus­sen Al­ber­ti­nia in die Wes-kaap en U­ni­on­da­le in die K­lein-ka­roo kry jy ’n s­wet­ter­joel ag­ter­paad­jies. Hier kan jy jou lyf nog pi­o­nier hou en dis net ’n klip­gooi van die ge­wil­de Tuin­roe­te af.

Hoe­kom moet ek gaan?

In dié streek kan jy ’n klomp lek­ker grond­pad­pas­se ry met prag­ti­ge uit­sig­te oor val­leie, ber­ge en die see.

Die se­we­pas­se­pad tus­sen Ge­or­ge en Knys­na is ’n be­le­we­nis wat jou na­der aan die be­roem­de Knys­na­bos bring en jy kan die Kan­go­grot­te na­by Oudts­hoorn be­soek.

Jy kan ook hier, in die voet­spo­re van die bo­ta­nis en ver­ken­ner Wil­li­am Bur­chell ry, waar hy meer as 200 jaar ge­le­de met ’n spe­si­aal ge­maak­te wa die eer­ste veld­ry­er in die om­ge­wing ge­word het.

Bes­te tyd om te gaan

Die om­ge­wing is droog en warm in die so­mer en re­ë­ne­rig in die win­ter.

Daar­om is dit be­ter om tus­sen herfs en len­te te gaan. Dan is die veld geil en groen, en die len­te­blom­me prag­tig.

Hoe lank gaan dit duur?

Kom vir ’n dag of ’n week of e­nig­iets tus­sen­in. Die se­we­pas­se­roe­te kan jy bin­ne en­ke­le ure ry, maar as die om­ge­wing be­hoor­lik wil ver­ken, gaan jy ’n week tot tien dae no­dig hê.

SE­WE SAK­KE SOUT? Die Se­we­pas­se­roe­te is ’n mak­li­ke reis en ’n heer­li­ke uit­stap­pie vir die ge­sin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.