K­gala­ga­di

Ge­bruik die Ma­ta-ma­ta-grens­pos vir ’n be­soek aan ons buur­land, en ge­niet die wild van die K­gala­ga­di op die koop toe.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Een van die hand­jie­vol grens­pos­te tus­sen SuidA­fri­ka en Na­mi­bië is die Ma­ta-ma­ta-grens­pos in die K­gala­ga­di-oor­grens­park. Volg net die grond­pad van Twee Ri­vie­re af en jy is in ’n oog­wink daar. Maar hoe­kom sal jy dit wil af­jaag?

Hoe­kom moet ek gaan?

Dit is die bes­te van bei­de wê­rel­de. As jy dit aan die be­gin van ’n va­kan­sie na Na­mi­bië doen, kry jy na­tuur­lik ook die ge­leent­heid om so bie­tjie die wild en na­tuur­skoon van die K­gala­ga­di te ge­niet. En as jy dit aan die ein­de van jou va­kan­sie op pad te­rug huis toe ry, word die va­kan- sie­ge­voel ’n bie­tjie lan­ger uit­ge­rek.

Dis net lo­gies dat ’n grens­pos wat so te sê bin­ne-in ’n wild­re­ser­vaat is, ’n baie aan­ge­na­mer er­va­ring as ’n grens­pos met teer­paaie gaan in­hou. Dit is dalk nie nood­wen­dig die mak­lik­ste pad nie, en jy moet twee aan­de in die park slaap om die grens­pos te mag ge­bruik, maar maak die reis deel van jou va­kan­sie en ge­bruik die tyd om die paad­jies te ver­ken en el­ke aand in ’n an­der kamp oor te slaap. Die Twee Ri­vie­re-kamp by by die Twee Ri­vie­re-hek is die e­nig­ste kamp waar daar nie ge­reeld die­re kom kui­er nie, maar in die an­der kam­pe moet jy vroeg braai, an­ders deel jy dalk met leeus en hi­ë­nas.

Die wa­ter­ga­te is goed ge­merk op die pa­pier­kaart wat jy by die hek kry.

Bes­te tyd om te gaan

Die win­ter is be­slis die bes­te tyd, want die so­mer in die Ka­la­ha­ri is bloe­dig warm.

Don­der­storms in laat­so­mer is eg­ter al­ge­meen, en ’n er­va­ring wat jy nie mak­lik sal ver­geet nie.

Hoe lank gaan dit duur?

Jy moet twee aan­de in die park slaap om die grens­pos te mag ge­bruik.

Die pad tus­sen Twee Ri­vie­re en Ma­ta-ma­ta is so­wat 112 km, maar dit sal jou ’n goeie drie tot vier uur neem om te ry as jy reg­uit ry en nie by wa­ter­ga­te stil­hou nie.

DIE ROOI ROETE. Ry ’n lek­ker sand­pad deur die K­gala­ga­di na Na­mi­bië toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.