Wil­de­kus

Pak jou Tracks4a­fri­ca-kaart en stap­skoe­ne in en ver­ken ’n on­ge­rep­te streek waar die wou­de tot teen­aan die see strek.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Die Wil­de­kus lê in die ou Trans­kei, tus­sen Oos-lon­den en Port Ed­ward, op die g­rens van K­wazu­lu-na­tal en die Oos-kaap.

Hoe­kom moet ek gaan?

Die Wil­de­kus is dees­dae nie eint­lik meer só wild nie, maar dit bly steeds yl ont­wik­keld en die na­tuur is on­ge­rep. Dit be­te­ken dat jy selfs in die mid­del van skool­va­kan­sies een van ’n hand­jie­vol men­se (en mis­kien ’n paar N­gu­ni­bees­te) op die s­trand sal wees. Die na­tuur­re­ser­va­te is ook nie oor­laai met be­soe­kers nie.

’n Net­werk van grond­paaie tus­sen die N2 en die see lei jou deur die tra­di­si­o­ne­le tuis­te van die X­ho­sas, maar die paaie is meest­al mak­lik be­gaan­baar. Vier­wiel­aan­dry­wing en la­e­s­trek sal net in ui­ter­ste ge­val­le no­dig wees.

As jy be­sluit om die Wil­de­kus-4x4-roete – tus­sen Port St. Johns en Kei­mond – te ry, moet jy weet dat se­ke­re van dié paad­jies bit­ter min ge­ry word en dalk nie meer be­staan nie. Daar­om is goeie kaar­te soos Tracks4a­fri­ca (mik vir ’n nu­we weer­ga­we) ’n nood­saak, eer­der as ’n luuk­se. En ont­hou ook maar om vir die lo­cals te vra.

Feit­lik die he­le kus­lyn is be­dek met by­na tro­pie­se wou­de wat tot teen­aan die stran­de strek. Daar is ook ’n mag­dom ri­vie­re wat hier in die see uit­mond. Maak jou dus reg vir ri­vier­krui­sings en mooi, diep val­leie. Bring jou ka­me­ra en ’n paar lek­ker stap­skoe­ne om dié wê­reld van na­der te ver­ken.

Bes­te tyd om te gaan

Dit re­ën in die so­mer en die grond­paaie kan mod­de­rig raak. Die kli­maat is eg­ter ge­ma­tig en as jy die reg­te voer­tuig en on­der­vin­ding het, kan jy die ge­bied die he­le jaar deur be­soek. In die len­te en herfs het jy die bes­te ba­lans tus­sen mooi weer en mooi paaie.

Hoe lank gaan dit duur?

Gee jou­self ’n week om die Wil­de­kus te ver­ken. Jy kan met die N2 in een dag tus­sen Port Ed­ward en Oos-lon­den ry, maar op die kron­ke­len­de grond­paaie na­der aan die kus gaan dit lan­ger neem. Bui­ten­dien, jy wil gaan ont­span.

ON­GE­REP. Aan die Wil­de­kus gaan jy en ’n hand­vol N­gu­ni-bees­te dalk die e­nig­stes op die s­trand wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.