Rooi­duin

In die dun stro­kie in die noor­de van Suid-a­fri­ka waar die gren­se van drie lan­de ont­moet, kan jy teen dui­ne af­gly, ’n 4x4-roete ry en Ka­la­ha­ri-truf­fels eet.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Die Rooi­duin­roe­te is in die hart van die Ka­la­ha­ri, net suid van die K­gala­ga­di­oor­grens­park wat tus­sen Suid-a­fri­ka, Na­mi­bië en Botswa­na lê.

Hoe­kom moet ek gaan?

Hier­die roete is i­de­aal vir ’n sag­te veld­ry­er of ’n 4x2 met goeie grond­vry­hoog­te. Dis ook mak ge­noeg dat jy dit self kan aan­pak, al­hoe­wel daar nie oral sel­foon­ont­vangs is nie.

Die Rooi­duin­roe­te werk am­per soos ’n wyn­roe­te. Dit is nie ’n 4x4-roete nie, maar eer­der ’n roete tus­sen ’n klomp gas­te­hui­se en re­ser­va­te met ’n hoop ak­ti­wi­tei­te tus­sen­in.

Jou eer­ste stil­hou­plek op die roete is die Ka­la­ha­ri-gas­te­huis, om­trent 50 km van U­ping­ton af. Van hier af werk jy jou pad noord ver­by plek­ke soos Rooi­pan-gas­te­huis, A­skham, die be­ken­de Hak­skeen­pan (waar die wê­reld­spoe­dre­kord­po­ging aan­ge­bied word) en die Ka­la­ha­ri Ten­ted Camp.

Op die Loch Ma­ree-gas­te­plaas ver­der noord kan jy ’n 4x4-roete ry. Die Ka­la­ha­ri Trails-na­tuur­re­ser­vaat, so­wat 23 km van Mo­lo­po af, is iets wat jy nie durf mis­loop nie. Hier woon die in­te­res­san­te prof. An­ne Ra­sa. Dié Duit­ser het in die 1990’s met na­vor­sing oor die K­gala­ga­di be­gin en daar is min oor die in­sek­te en dier­tjies van hier­die streek wat sy nie weet nie. Sy bied ook stap­toe­re aan.

By die Rooi­duin-gas­te­plaas na­by Botswa­na kan jy sand­plank­ry, by K­ho­ma­ni San by Boes­mans ’n draai maak en by die Kop­pie­s­kraal & Ink­bo­span-gas­te­plaas kan jy gholf op ’n pan speel of op ’n ka­meel ry!

Bes­te tyd om te gaan

Die so­mer in die Ka­la­ha­ri is nie speletjies nie en die win­ter­nag­te kan le­lik koud raak.

Kies dus ’n tyd tus­sen­in waar jy in ma­ti­ge weer kan rond­ry en ak­ti­wi­tei­te doen.

Hoe lank gaan dit duur?

Die roete is net meer as 2 000 km lank, maar ’n week be­hoort ge­noeg te wees om ’n iet­sie van al­les in­ge­pas te kry.

DIE MOOI VAN DIE ROOI. Die Rooi­duin­roe­te in die Ka­la­ha­ri bied heel­wat ge­sins­ak­ti­wi­tei­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.