Le­so­tho

Gaan maak ’n knerts by die “rég­te” hoog­ste kroeg in A­fri­ka en beleef sneeu op die koop toe.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Le­so­tho word heel­te­mal deur Suid-a­fri­ka om­ring en g­rens aan die Vry­staat, K­wazu­lu-na­tal en die Oos-kaap.

Hoe­kom moet ek gaan?

Vir die mees­te men­se is Le­so­tho on­ge­luk­kig si­no­niem met net Kat­se­dam en Sa­ni­pas (lees op bl. 67). Dit is i­ro­nies om­dat Sa­ni­pas eint­lik aan die SA kant van die g­rens is. En die Sa­ni Moun­tain Lod­ge, met wat be­kend staan as “The Hig­hest Pub in A­fri­ca” se 2 876m bo see­vlak, is ook la­er as A­fris­ki se Gon­do­la Café (3 040 m).

So watter be­ter ver­sko­ning het jy no­dig as om die rég­te hoog­ste kroeg in A­fri­ka te gaan be­soek – en boon­op ’n paar in­druk­wek­ken­de pas­se in Le­so­tho te er­vaar? En dan is die kans vir sneeu in Le­so­tho 100%, van­daar A­fris­ki se ont­staan. Om daar uit te kom, ry jy via die Mo­teng­pas, so 45 km oos van Bu­tha-but­he op die A1-hoof­roe­te. Dis ’n teer­pad, maar as dit erg ge­sneeu het, gaan jy sneeu­ket­tings no­dig hê.

As jy met die A1 sou aan­hou tot net ver­by Mok­hot­long, draai regs op die A3 in die rig­ting van Taung en T­ha­ba-tse­ka. So­wat 18 km la­ter kry jy die Me­no­a­neng­pas. By Taung draai jy links in die rig­ting van die Sehla­bat­he­be Na­si­o­na­le Park, so­wat 85 km ver­der. Maar voor­dat jy daar uit­kom, moet jy eers oor die Ma­te­beng­pas ry – waar jy in 5 km so­wat 500 me­ter klim. Moe­nie dink daai 85 km gaan jou net meer as ’n uur vat nie, want dis Le­so­tho en jy gaan let­ter­lik moet sta­dig oor die klip­pe.

Bes­te tyd om te gaan

Le­so­tho is ’n goeie sneeu­be­stem­ming, maar die sneeu kan die pas­se on­be­gaan­baar maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.