Wes­kus

Dié streek is meer as net ’n blom­me­pa­ra­dys... Dis een van die laas­te plek­ke waar jy teen­aan die kus kan ry en kan kamp waar jy wil.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Op die so­wat 285 km-kus­lyn tus­sen Port Nol­loth en Lut­z­vil­le is daar ’n mooi roete wat deur die Na­ma­kwa Na­si­o­na­le Park loop.

Hoe­kom moet ek gaan?

Son, see, sand en 4x4 – wat kan lek­ker­der wees as dit?

’n Ge­deel­te van die Na­ma­kwa Na­si­o­na­le park sit op hier­die stuk kus­lyn en daar is net­jie­se kamp­plek­ke teen die see. Die deel wat jy deur dié park ry, staan be­kend as die Rooi­kat-e­ko­roe­te. Dis ver­al prag­tig hier die ty­dens len­te wan­neer die blom­me be­gin kop uit­steek.

Tus­sen die sui­de­li­ke g­rens van die Na­ma­kwa Na­si­o­na­le Park en Gert du Toit se Baai, ’n stuk kus­lyn van so­wat 80 km, kan jy kamp net waar jy wil son­der be­spre­kings of kamp­geld.

Hier is geen ge­rie­we of vars wa­ter nie en jy moet al jou rom­mel self weg­ry. As jy eer­ste by ’n lek­ker kamp­plek kom, is hy jou­ne. Die dor­pies hier – Port Nol­loth, K­lein­zee, Hon­de­klip­baai en Koing­naas – het ’n ryk ge­skie­de­nis as uit­voer­pun­te vir die des­tyd­se ko­per- en di­a­mant­be­dry­we.

De­le van die kus word steeds ge­myn vir di­a­man­te en is daar­om nie oop vir die pu­bliek nie.

Tus­sen Koing­naas en K­lein­zee kan jy eg­ter die 37 km-lan­ge S­keeps­wra­k­roe­te ry. Die roete lê bin­ne ’n myn­ge­bied en jy moet min­stens ’n week voor­uit be­spreek. Bring die Id-do­ku­men­te van al­mal in jou voer­tuig saam.

Bes­te tyd om te gaan

In herfs en len­te is die tem­pe­ra­tuur in die streek op sy ma­tig­ste en die wind is op sy rus­tig­ste.

Tus­sen Ju­nie en Ok­to­ber is dit blom­me­tyd en hier­die is een van bes­te de­le aan die Wes­kus om blom­me te kyk. En dis na­tuur­lik al­tyd lek­ker om in die so­mer langs die see te kamp, maar hou in ge­dag­te dat dit va­kan­sie­tyd is in De­sem­ber en die kamp­plek nie on­be­perk is nie.

Hoe lank gaan dit duur?

As jy lan­ger as een aand op ’n plek wil oor­slaap, kom vir drie dae tot ’n week. Gun jou­self meer tyd en maak se­ker jou voer­tuig is be­kwaam en in ’n goeie toe­stand as jy die 4x4-de­le (die Rooi­kat-roete en die deel tus­sen die Spoeg- en Groen­ri­vier­mond) wil ry.

OP DIE ROT­SE. As die mis oor die see lê, lyk die skeeps­wrak van die Jahleel by Hon­de­klip- baai on­heil­spel­lend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.