LAG ONS HEES VIR HIËNA-HU­MOR

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE -

Ek skryf nie ge­woon­lik b­rie­we aan tyd­skrif­te nie, maar jul­le “Stofpadstories” in Weg­Ry #84 het my ge­noop om dit te doen. Ek lees Weg, Weg­Ry en WegSleep e­lek­tro­nies en ge­niet dit ter­deë.

Een aand lê ek in die bed met die Ju­lie-uit­ga­we van Weg­Ry. Ek was sie­ke­rig en was ná my hoes­me­di­sy­ne lus om som­mer te bly lê met ’n tyd­skrif. Dis toe dat ek op die “S­tof­pad­sto­rie” af­kom van Chris van der Mer­we oor sy be­le­we­nis van die “Hiëna en die bos­te­le­foon­paal”.

Chris kan ’n sto­rie só ver­tel dat ek my­self mid­de in die ver­haal be­vind, as­of ek self ag­ter­op Chris se Hi­lux-bak­kie, Ma­tri­arg, sit en die he­le pe­tal­je dop­hou. In my gees­tes­oog sien ek die wit van die hiëna se oë tel­kens as dié om­kyk na wat dit ook al is wat hom en sy draf­maat laat rie­me neer­lê het… Ek sien daai stof­streep en ruik die sand en gras in die son. Tot­dat die kê­rel se brie­ke hom op kort ken­nis­ge­wing so ef­fe “in die steek laat”.

Hoe ver­der ek lees, hoe meer lag ek oor die on­ge­mak­li­ke si­tu­a­sie van neef hiëna en sy draf­maat, so­da­nig dat vrou­lief langs my in die bed nuus­kie­rig uit­vra oor wat so s­naaks is.

Uit­ein­de­lik bied ek toe aan om die ver­haal aan haar voor te lees, maar ek suk­kel om dit te lees tus­sen die lag-tra­ne deur. Ter­wyl ek dit voor­lees, weet ek mos nou wat voor­lê. Hier­die we­te is oor­ge­noeg re­de dat ek kort-kort met nat oë be­gin lag en hoes nog voor ek die vol­gen­de sin kan lees, en vrou­lief suk­kel so om te hoor dat ek sin­ne moet her­haal.

No­de­loos om te sê dat my medisyne geen weer­stand teen die hoe­se­ry kon bied toe neef hiëna se ag­ter­lo­sig­heid veroorsaak het dat ek ag­ter­op Ma­tri­arg aan die lag ge­gaan het nie.

Dan­kie vir ’n goeie en leer­sa­me tyd­skrif, wat ek dink deur al­le bui­te­le­ween­toe­si­as­te ge­niet word. KOOS RHEEDER

ROO­DE­POORT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.