Bib­ber­weer, bak­kies en Ker­skou­se

WegRy - - REDBRIEF -

Ek het lank­laas ’n re­dak­teurs­brief vir ’n De­sem­ber-uit­ga­we ge­skryf ter­wyl dit bui­te 4° Cel­si­us is. By die huis in die Kaap is dit ge­woon­lik son­nig, al waai die Suid­oos­ter die wit­warm waks uit ’n mens uit. En as ek in Gau­teng is, is dit warm, met dalk ’n don­der­bui of twee.

Maar hier in S­tock­holm is die mid­del van die win­ter nog nie eens in sig nie! Wat maak ek hier? Wel, ek is by die in­ter­na­si­o­na­le be­kend­stel­ling van Mer­ce­des-Benz se nu­we 4x4-bak­kie – waar­oor ons op blad­sy 24 van hier­die uit­ga­we in meer de­tail uit­wei.

’n Mens wil nou nie jou eie stert prys nie, maar ek sê al don­kie­ja­re vir al­mal wat wil luis­ter dat ’n dub­bel­ka­juit­bak­kie die mees veel­sy­di­ge voer­tuig op aar­de is. En nou lyk dit of die mees­te mo­tor­ver­vaar­di­gers ook so dink. Dis nie net Mer­ce­des-Benz wat bin­ne­kort ’n dub­bel­ka­juit­bak­kie op die mark gaan hê nie, maar ver­vaar­di­gers soos Re­nault, Hyun­dai en Peu­ge­ot s’n is sterk op pad.

Maar as die s­lim witjas­se en boon­tjie­tel­lers by die groot mo­tor­ver­vaar­di­gers ’n paar jaar ge­le­de WegRy en ons sus­ter­tyd­skrif Weg! be­gin lees het, sou hul­le lank­al ge­weet het wat ons reeds weet: Daar is min din­ge wat kers vas­hou by ’n dub­bel­ka­juit as jy lief is vir die bui­te­le­we.

Nou­ja, aan­ge­sien die waar­de van dub­bel­ka­jui­te, 4x4’s en stof­pad­pret al ou nuus is vir jul­le, het ons in hier­die uit­ga­we drie groot sto­ries waar­aan jul­le jul­le kan ver­lus­tig.

Die eer­ste een is E­van se be­soek aan Mo­sam­biek saam met B­he­ja­ne 4x4-toe­re. Die gids was Paul N­kosa­na­thi Wig­ley (dis rég­tig sy mid­del­naam) en ’n re­de­li­ke deel van die toer het ge­volg in die voet­spo­re van een wat ek en Paul om­trent vier jaar ge­le­de saam ge­doen het. Dit was lek­ker om te sien dat daar­die deel van Mo­sam­biek net so mooi is as wat ek dit ont­hou, en as ek die ge­ring­ste kans ge­had het, het ek self weer soon­toe af­ge­sit. Die goeie nuus is dat Mo­sam­biek, suid van In­has­soro, vei­lig is vir rei­si­gers en daar­om kan ons dit met ’n ge­rus­te hart aan­be­veel. Sorg net dat jy al­tyd bin­ne die snel­heids­perk bly, die re­gu­la­sies ge­hoor­saam – en gee maar vir Ma­pu­to ’n pass.

Dan het ons ’n paar blaaie se fo­to’s van van­jaar se baie suk­ses­vol­le Bull Run – die groot­ste en bes­te nóg – in hier­die uit­ga­we. Ja, daar was stof en wind. Maar daar was ook pret, on­der­ne­mings­gees, a­von­tuurs­in en ’n he­le paar er­va­rings wat geld nie som­mer kan koop nie. Kyk na die fo­to’s en sit so­lank ver­lof in vir vol­gen­de jaar s’n. Dan­kie aan Toyo­ta SA en Hyun­dai vir die ry­goed waar­mee die re­dak­sie op Vos­burg aan­ge­kom het.

Hier by die kan­toor het ons ook kop­pe by­me­kaar­ge­sit om met 33 doen­din­ge vir 2017 vo­ren­dag te kom. En dis nie net ’n em­mer­skop­lys van plek­ke wat jy moet be­soek nie. Dis ’n lys waar­na jy ge­rus met ’n koue bier of twee kan kyk en ’n paar planne vir die nu­we jaar kan maak. Jy hoef dalk nie ons voor­stel­le tot op die let­ter te volg nie, maar dat dit jou ’n paar nu­we i­dees gaan gee, is nie al­te­mit nie. Soos die een waar­in ons jou aan­raai om vir ’n slag ’n reis aan te pak na ’n be­stem­ming nie té ver van jou huis af nie.

Want dis nie al­tyd moont­lik om twee of drie we­ke in Zam­bië of Na­mi­bië deur te bring nie. Jy het dalk nie ge­noeg ver­lof óf geld nie en wie’t ge­sê jy kan nie net so lek­ker vir ’n na­week in jou eie land kui­er nie?

Dan het ons vir ’n paar be­ken­des ge­vra wat hul­le glo in ’n mens se 4x4-Ker­skous moet wees. Die ant­woor­de gaan jou plek­plek ver­ras en on­ge­twy­feld help met ’n paar i­dees.

Die res is die ge­wo­ne: C­har­les het weer hard ge­werk aan ’n puik ak­tu­e­le ar­ti­kel (en boon­op in­ge­staan vir my as re­dak­teur so­dat ek vir ’n slag uit die kan­toor uit kon weg­kom) en daar is vol­op mo­tor­nuus, on­der an­de­re van die nu­we Peu­ge­ot 3008-sport­nuts­voer­tuig wat ek ook on­langs in Eu­ro­pa ge­ry het.

Teen die tyd wat jul­le hier­die brief lees, is ek weer te­rug in son­ni­ge Suid-A­fri­ka en het ek al bie­tjie stof met my bak­kie gaan maak. Ja, dis in­te­res­sant hier in S­we­de (hoe­wel die vleis maar skraps is en die bier on­be­kos­tig­baar duur), maar my hart trek ’n punt na Sui­der-A­fri­ka.

Nou­ja toe, maak vas die sit­plek­gor­dels.

WEG­BREEK. Die Hyun­dai Tu­c­son is styl­vol, s­lim en het die Bull Run se stof af­ge­lag – nes ons uit­ge­wer, Ne­ri­sa Coet­zee, wat dit be­stuur het.

TAAI. Hier­die For­tu­ner van Toyo­ta SA het by die Bull Run selfs ’n aan­val van Zi­gi Ekron, ons di­gi­ta­le be­stuur­der, se hom­mel­tuig oor­leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.