Wan­neer die wiel draai

Om be­hoor­lik te kyk waar jy ry, is ’n les wat E­van Nau­dé ’n paar jaar ge­le­de op die har­de ma­nier ge­leer het. En op ’n on­lang­se toer het hy on­be­plan ’n an­der be­stuur­der ge­help om die­self­de les te leer.

Weg! Ry & Sleep - - OEPS! -

Ek stel el­ke maand hier­die af­de­ling van die tyd­skrif saam, dus het ek al ’n goeie do­sis van Oeps-oom­blik­ke ge­sien. Dit was se­ker net ’n kwes­sie van tyd voor ek my beurt sou kry.

Ek was on­langs op toer saam met Jan Braai toe ’n plaas­li­ke boer in ’n par­keer­ter­rein in Ca­litz­dorp ag­ter­uit in my vas­ry. Dit was bloot ’n on­ge­luk en dit het maar “net” ’n nu­we deur vir die A­ma­rok be­te­ken, maar dit het my her­in­ner aan ’n soort­ge­ly­ke si­tu­a­sie waar­in ek my voor­heen be­vind het.

’n Paar jaar ge­le­de, toe ek as ju­ni­or joer­na­lis vir ’n koe­rant op die Wes­kus ge­werk het, is ek ge­stuur om in­lig­ting vir ’n mo­tor­sport­by­een­koms by ’n plaas­li­ke werks­win­kel te gaan haal. Soos ge­woon­lik, was ek op sper­tyd en dit het my nog­al ge­ïr­ri­teer dat ek ie­wers heen moes ry vir iets wat oor die foon ge­doen kon word. En om din­ge er­ger te maak, was nie een van die koe­rant se voer­tuie be­skik­baar nie en moes ek met my eie Cor­sa-bak­kie ry.

Na­dat ek ge­kry het wat ek no­dig ge­had het by die werks­win­kel, het ek in my bak­kie ge­klim, met my ge­dag­tes reeds op die goed wat ek by die kan­toor moes klaar­kry.

Ek was haas­tig en het nie ge­fo­kus nie, en trek toe in tru­rat weg son­der om be­hoor­lik te kyk wat ek doen – dwars in die pas­sa­siers­deur van ’n ge­par­keer­de voer­tuig ag­ter my in.

Ek was al klaar goed om­ge­krap, maar nou kon ek voel hoe my ge­sig warm raak. Ek het by­na ont­plof van woe­de!

Ge­luk­kig was die ei­e­naar van die an­der voer­tuig na­by, en ’n nog gro­ter ge­luk­skoot was dat sy kar voor ’n pa­neel­klop­per ge­par­keer was! Hy was ’n rus­ti­ge ou en ons kom toe oor­een dat ek een­vou­dig ’n kwo­ta­sie vir die ek­stra ska­de kry en hom net daar in kon­tant be­taal.

So het die le­we maar ’n snaak­se ma­nier om hom­self te her­haal. Ek het ag­ter­uit in ie­mand se ge­par­keer­de voer­tuig vas­ge­ry en sy deur be­ska­dig, en nou het ie­mand op Ca­litz­dorp die­self­de oor­ge­kom en die A­ma­rok be­ska­dig. Die e­nig­ste ver­skil is dat die ska­de wat ek des­tyds aan­ge­rig het, so­wat R1 500 be­loop het, maar die kwo­ta­sie wat ek vir ’n nu­we deur vir die A­ma­rok ge­kry het, was in die om­ge­wing van R38000.R38 000. Ei­na!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.