Bak­kies, band­druk­me­ters en (koue) braai­vleis

WegRy - - REDBRIEF -

Nou­dat 2017 hier is, dink ek te­rug aan al­les wat ek al in my 47 jaar op aar­de be­leef het. Ek ont­hou hoe die B­rit­se Leeus ons in 1974 góéd pak­ge­gee het (dees­dae doen al­mal dit, min­dyou). Hoe PW sy vin­ger in die lug ge­swaai het en hoe die Bok­ke die Wê­reld­be­ker in 1995 ge­wen het (ook be­kend as “die Goeie Ou Dae”). Ek ont­hou La­dy Di se dood en hoe twee pas­sa­siers­vlieg­tuie in 2001 in die Wor­ld Tra­de Cen­ter in New York vas­ge­vlieg het.

Maar dit al­les is ’n vul­le­tjie teen­oor die vi­deo van die Hi­lux wat ty­dens ’n toets – die so­ge­naam­de moose test – deur ’n S­weed­se tyd­skrif wou om­dop. Die re­ak­sie wat dit uit­ge­lok het, was er­ger as toe JFK ge­skiet is. Men­se het his­te­ries ge­raak. An­der het ge­vloek. Par­ty het ge­huil en som­mi­ge was heim­lik bly.

En toe be­sluit ons om die toets met ’n plaas­li­ke Hi­lux te doen. Tot op die naas­te sen­ti­me­ter die­self­de baan as die S­we­de. Met die mak­si­mum toe­ge­la­te vrag en teen selfs vin­ni­ger snel­he­de. Teen hier­die tyd het baie van jul­le se­ker al die vi­deo’s van ons toet­se ge­sien. In hier­die uit­ga­we ver­tel ons breed­voe­rig hoe ons te werk ge­gaan het en wat ons ge­volg­trek­kings was.

Laat my toe om die vol­gen­de te sê: Toyota het ons nie be­taal nie. Trou­ens ons het nie eers vir hul­le ge­sê waar­voor ons die bak­kies ge­bruik nie.

Waar het die ver­skil ge­lê? In die feit dat hul­le ’n 2,7 li­ter-pe­trol 4x2 ge­bruik het en ons ’n die­sel 4x4? Was hul­le band­druk te laag? Wie sal weet.

Dan is daar ons 4x4 van die Jaar–toe­ken­nings. Ja, nes met die Hi­lux en die moo­se­test, gaan men­se ook stry óf me­kaar op die skou­er klop. Dis mos maar hoe ons ons rygoed er­vaar: per­soon­lik en met pas­sie. En daar­mee is niks fout nie.

Ver­der het ons gaan kyk hoe lyk ’n ef­fens af­ge­skeep­te deel van die Kaap – die prag­ti­ge paad­jies wat die be­ken­de Se­der­berg met die Tank­wa-Ka­roo ver­bind; en het E­van ook van Graaff-Rei­net af met die agterpaaie na Hogs­back ge­ry. En ag­ter­na van fe­ë­tjies ge­praat. Ek dink ons al­mal ver­dien ’n goeie va­kan­sie.

Ons het van­jaar om­trent die buur­lan­de pap ge­ry: Na­mi­bië, Botswa­na, An­go­la en Mo­sam­biek is be­hoor­lik ge­dek, daar­om is twee rei­se na­der aan die huis ’n goeie i­dee. Vol­gen­de jaar gaan ons weer hárd in die buur­lan­de reis, maar dis ’n goeie plan om nou en dan te kyk na die won­der­li­ke op­sies bin­ne ons lands­gren­se.

Van­dees­maand het ons 10 ver­skil­len­de band­druk­me­ters ge­vat en ge­kyk hoe ak­ku­raat hul­le nou eint­lik is. En as jy ge­dink het duur­der is nood­wen­dig be­ter, maak jy ’n groot fout.

Dan was daar die nu­we Nis­san Na­va­ra wat ek in Ma­rok­ko gaan ry het. Jis, maar dis ’n lek­ker bak­kie en ek kan my net voor- stel wat­ter ar­gu­men­te en twis dit weer ou­der­ge­woon­te on­der die men­se gaan uit­lok. Bring so­lank die pop­corn, ek kan nie wag nie!

Laas­tens wys Li­se Bey­ers vir ons op bl. 94 wat jy al­les met oor­skiet-braai­vleis kan doen. En ek het al­tyd ge­dink die he­mel is ’n koue tjop, warm kof­fie en ’n sny brood met ap­pel­koos­kon­fyt.

Nou­ja toe, waar­voor wag ons? Die jaar wink in al sy glo­rie. So maak vas die gor­dels. 2017, hier kom ons!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.