’n K­gala­ga­di-a­von­tuur van ’n an­der kleur

WegRy - - BRIEWE -

Ek skryf na aan­lei­ding van die “K­gala­ga­di­a­von­tuur” in WegRy (#88). Vroeg in die ar­ti­kel kry ’n mens reeds ’n aan­dui­ding van wat­ter soort a­von­tuur hier ge­praat word, wan­neer jy lees die voer­tuie was “vol­ge­pak met bil­tong en bier”.

Ek glo nie dat al die le­de van die “ei­en­aar­di­ge men­gel­moes man­ne” ge­luk­kig kan wees dat daar in ’n na­si­o­na­le tyd­skrif aan al­mal ver­kon­dig word dat hul­le ’n re­ël oor­tree het (deur laat te kom in ’n oor­nag­kamp) en dat dit dan op so ’n ma­nier ge­stel word, dat dit neer­kom dat die skurk in die ver­haal die be­amp­te is wat sy werk or­dent­lik ge­doen het nie.

Die sin: “Man­ne, ek dink nie ons gaan U­ni­on’s End en te­rug voor don­ker haal nie,” dui daar­op dat die man­ne pre­sies ge­weet het dat hul­le die hor­lo­sie moet dop­hou. Al­mal van ons wat uit­ry (selfs U­ni­on’s End toe) weet dat jy op die laas­te moet om­draai wan­neer jy die helf­te van jou be­skik­ba­re tyd uit­ge­ry het.

Die sin “… soos stout tie­ners sluip ons ’n half­uur ná die park se aan­klo­k­re­ël by die kamp in en ek hoop dat nie­mand ons raak- ge­sien het nie” wek die in­druk so­lank nie­mand my raak­sien/ uit­vang nie, kan ek maak wat ek wil.

Wan­neer my oor­tre­ding wél raak­ge­sien word, vra ek nie om ver­sko­ning en dra die ge­vol­ge daar­van nie, maar be­gin ek die be­amp­te se per­soon af­ta­kel en sleg­sê. Hy is ’n “taam­lik ge­set­te man”; “hy dra kort­broek, plak­kies en ’n gholf­hemp wat sy bes pro­ber om ’n fris maag in toom te hou”. Ver­der die af­praat: “‘Naand, man­ne,’ sê Kort­broek in ’n stem wat klink soos ’n skool­hoof…” Dan word daar pro­beer om die be­amp­te ’n rat voor die oë te draai: “Gor­don pro­beer selfs om die rol van die dom bui­te­land­se toe­ris te speel, maar die skool­hoof wil niks weet nie.” Die “skool­hoof” is se­ker nie on­no­sel nie.

Wan­neer jy na jou­self as stout tie­ners ver­wys, moet jy se­ker maar deur ’n skool­hoof uit­ge­trap word. Hoe ver­wag jy moet ’n en­ke­ling, in die don­ker, ’n groep mans wat er­ken dat hul­le ’n re­ël oor­tree het, aan­spreek?

Die laas­te pa­ra­gra­fie is weer ver­on­der­stel om San­par­ke te sus met: “Wel­ge­daan, San­par­ke...”

Hoe an­ders kon die sto­rie nie ge­lees het as die oor­tre­ders om ver­sko­ning ge­vra het en die ge­vol­ge soos man­ne “ge­vat” het nie. ’n Mens sou glo dat die reg­te ding is om nou te doen, is om in die­self­de tyd­skrif ’n ver­sko­ning aan die be­amp­te en die le­sers­pu­bliek te rig. LUDWIG NEL­SON PER E-POS Dan­kie vir jou skry­we. Dis dui­de­lik dat ’n paar din­ge in die ar­ti­kel jou ont­stel het. Gun my dus die ge­leent­heid om ’n paar van hul­le te be­spreek. Jy skryf: “Vroeg in die ar­ti­kel kry ’n mens reeds ’n aan­dui­ding van wat­ter soort a­von­tuur hier ge­praat word, wan­neer jy lees die voer­tuie was ‘vol­ge­pak met bil­tong en bier’.”

Die bier is eg­ter slegs saans in die kamp ge­drink, dus kan ek nie sien wat daar­mee fout is om met bier en bil­tong te reis nie.

Hou in ge­dag­te dat dit ’n uit­een­lo­pen­de groep vreem­de­lin­ge van ’n paar lan­de was. Ja, din­ge het skeef­ge­loop, soos dit in baie ge­val­le gaan. Dis nie al­tyd lek­ker of wens­lik nie, maar dis mos maar hoe die le­we werk.

Ja, daar is spot ge­dryf met die si­tu­a­sie, maar E­van sluit im­mers die e­pi­so­de af met: “Wel­ge­daan, San­par­ke”, en be­aam dat hy be­grip het vir San­par­ke se reëls.

Was dit ons doel om vir San­par­ke, of e­ni­ge van sy per­so­neel te na te kom? Nee, na­tuur­lik nie. En as ie­mand on­der daar­die in­druk is, vra ons jam­mer vir die mis­ver­stand. Ons was hoog­stens daar­aan skul­dig om ’n lek­ker hu­mo­ris­tie­se staal­tjie te pu­bli­seer oor ’n klomp ou­ens wat hul­le met die tyd en af­stand mis­gis het en der­hal­we soos stout skool­kin­ders oor die ko­le ge­haal is.

Maar net om e­ni­ge twy­fel uit die weg te ruim, wil ek graag aan­haal uit ’n brief wat ons ont­vang het van ’n San­par­ke­kom­mu­ni­ka­sie­be­stuur­der, aan wie jy ook jou brief ge­stuur het. Sy skryf on­der meer aan ons: “Per­soon­lik dink ek dis ’n baie ou­li­ke ar­ti­kel en plek-plek het ek my am­per dood ge­lag.” Ek stel voor ons al­mal oor­weeg die­self­de prag­ma­tie­se be­na­de­ring. – Re­dak­teur

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.