EK WIL OOK GAAN!

WegRy - - BESTEMMING -

BES­TE TYD: Die weer is heel jaar guns­tig, maar die so­mer is droog en baie warm. Die re­ën­sei­soen is tus­sen Mei en Sep­tem­ber. Be­soe­ker­ge­tal­le is die hoog­ste in die De­sem­ber­va­kan­sie, en as jy ge­du­ren­de hier­die tyd die Sederberge wil be­soek, sal jy ver voor­uit moet be­spreek. VOER­TUIG: Oor die Nieu­woudts­pas en tus­sen Ja­ma­ka en Mat­jies­ri­vier het jy nie ’n 4x4 no­dig nie, maar wel tus­sen Mat­jies­ri­vier en Wup­per­tal. La­e­s­trek word aan­be­veel as jy die Do­ring­ri­vier wil oor­steek, maar as die ri­vier ná swaar re­ëns sterk be­gin vloei, is dit nie moont­lik om hom oor te steek nie. Vind by in­wo­ners uit oor die ri­vier se vlak voor­dat jy dalk die 30 km van die Bie­douw se af­draai tot by die ri­vier ver­niet ry. VOOR­RAAD: As jy self­ver­sor­gend kamp, is die naas­te su­per­mark­te in Citrus­dal en Clan­wil­li­am. Die mees­te van die kamp­plek­ke het klein win­kel­tjies met ba­sie­se voor­raad. BRAND­STOF: Be­skik­baar in Citrus­dal, Clan­wil­li­am en Ce­res. ’n Vol tenk is ge­noeg om die roe­te in die ar­ti­kel te vol­tooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.