Na­mi­bië se woes­tyn­ri­vie­re

Ver­ken die on­ge­rep­te Ka­o­ko­land en die noord­wes­te van Na­mi­bië saam met en B­he­ja­ne 4x4 Ad­ven­tu­res.

WegRy - - BESTEMMING -

Ons ont­moet me­kaar die na­mid­dag by die Ru­a­ca­na Eha Lod­ge en kies koers na die Ku­ne­ne Ri­ver Lod­ge. Langs die pad sal ons by die Ru­a­ca­na-val­le stil­hou (as die tyd ons toe­laat) en die Ru­a­ca­na-krag­sta­sie be­soek, wat ’n be­te­ke­nis­vol­le ter­rein ty­dens die Bos­oor­log was.

Ná ’n ver­plig­te vei­lig­heids­ver­ga­de­ring eet ons ’n ste­wi­ge ont­byt. Van­dag ry ons al langs die Ku­ne­ne­ri­vier af tot by die E­pu­pa-val­le, waar ons twee dae gaan deur­bring en ook ’n Him­ba-stat gaan be­soek.

Ons dag be­gin met ’n lek­ker ont­byt, en daar­na is O­kang- wa­ti, die hart­land van die Ka­o­ko­land, op die spys­kaart. Ons slaap die nag aan die voet van Van Zyls­pas, en be­rei ná ’n or­dent­li­ke aand­e­te voor vir die vol­gen­de dag se stam­pe­ri­ge pad tot in die Ma­rien­fluss.

Van­dag tem jy die be­rug­te Van Zyls en ver­lus­tig jou in die mooi uit­sig­te. Ons ry deur die Ma­rien­fluss en te­rug na die Ku­ne­ne­ri­vier. Ons kamp­ter­rein vir die vol­gen­de twee nag­te is op die oe­wer van die Ku­ne­ne­ri­vier. Daar sal tyd wees om die Ma­rien­fluss te ver­ken of net in die kamp te ont­span.

Ons ry van­dag deur die Ma­rien­fluss en hou vir mid­dag­e­te stil by Rooi­drom. Ons ry dan te­rug kamp­ter­rein toe al langs die K­hu­mib af. Mar­ble Camp, ons oor­nag­plek, is ge­noem na ’n mar­mer­myn in die om­ge­wing.

Ná ont­byt val ons in die pad en volg ons die loop van die K­hu­mi­b­ri­vier. Ons hou ons oë oop vir die woes­tyn­o­li­fan­te en an­der die­re. Ons gaan die Ho­a­ru­sib-ri­vier ná mid­dag­e­te bin­ne, wat ons al die pad na Pur­ros neem, waar ons twee nag­te gaan oor­slaap.

Ons val vroeg in die pad en ry ver­der af in die Ho­a­ru­si­b­ri­vier­loop. By Am­s­poort kruis ons die Ho­a­ni­b­ri­vier, en ry ons ver­der tot by die K­ho­wa­rib S­chlucht. Dis ’n lang, maar lek­ker dag waar­op ons wild kan sien en kan be­leef hoe die land­skap van die Ka­o­ko­land ver­an­der. Ons maak weer vol by Ses­fon­tein op pad na ons oor­nag­plek.

Op ons laas­te dag ry ons weer in ’n ri­vier­loop af. Ons ver­ruil die Ha­o­ni­b­ri­vier vir die Om­bon­de-ri­vier. Ons gaan die groot­ste deel van die dag in dik sand en deur stof­ga­te ry, wat ’n groot ple­sier is vir ’n 4x4-ry­er. Dis die bes­te ma­nier om ’n on­ge­loof­li­ke reis af te sluit.

Ons groet al­mal met die woor­de: “Sien jou op die vol­gen­de toer van B­he­ja­ne 4x4 Ad­ven­tu­res.”

Om te be­spreek, bel B­he­ja­ne by 044 535 9257 of stuur e-pos na in­fo@b­he­ja­ne.com. Be­soek www.b­he­ja­ne.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.