Braai van Dal­las tot in Ma­rok­ko

ON­DER RE­DAK­SIE VAN C­HAR­LES THOMPSON

Weg! Ry & Sleep - - BOEKRAK -

Die brein ag­ter Guns­te­ling Braai­re­sep­te is die re­sep­ont­wik­ke­laar Lyn Wood­ward. Sy’s ’n ge­kwa­li­fi­seer­de sjef, ’n Kaap­se Wyn­mees­ter en ’n kos­sti­lis. En sy kán braai. Sy’t i­dees soos pi­kan­te soet­rib­be­tjie, rooi­ker­rie-bees­so­sa­ties en ’n Tex­as-ge­krui­de bief­bors­stuk.

Daar is ook lam­tjops, ja, in ’n bal­sa­mie­se asyn- en o­re­ga­num-marinade wat lyk of dit selfs ’n streng ve­ge­ta­ri­ër se mond sal laat wa­ter.

Die skrywer mik tel­kens om be­ken­de en tra­di­si­o­ne­le re­sep­te ’n mo­der­ne aan­slag te gee en sy eks­pe­ri­men­teer met nu­we smaak­kom­bi­na­sies. Só sal sy by­voor­beeld ’n pap­tert met groen­ris­sies op­kik­ker, ge­roos­ter­de sam­pi­oe­ne met ’n rooi­pe­per-krui­e­bot­ter in­kleur en knof­fel­brood mer ’n kruie- en pa­pri­ka­meng­sel op­dol­lie.

Lyn is ’n be­we­se rei­si­ger en die inspirasie in haar ge­reg­te strek van die VSA tot Ma­rok­ko.

Dit klink om­trent soos re­stau­rant­kos, maar die ge­reg­te is ont­wik­kel om oor en om die braai­vuur voor te be­rei, met be­stand­de­le uit e­ni­ge or­dent­li­ke su­per­mark.

Jy sal dit selfs in die boen­does kan op­to­wer.

Daar is ook re­sep­te vir slaai, by­kos­se, brood en ge­bak, vis, see­kos en hoen­der. En na­tuur­lik ’n soet­ding la­ter die aand, wan­neer die vlam­me weer lek­ker hoog brand en die kamp­vuur­sto­ries (en groot­praat) mooi be­gin loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.