BEAR DOEN DIT WEER

WegRy - - BOEKRAK - BUR­NING ANGELS

DEUR: BEAR GRYLLS UIT­GE­WER: ORION PRYS: R310 Ek was ver­baas toe ek hoor die B­rit­se oor­le­wings­ken­ner het aan ’n reeks ro­mans be­gin skryf. Maar die eer­ste een, G­hos­tF­lig­ht, het ’n top­ver­ko­per in B­rit­tan­je ge­word.

Ek het die twee­de boek in die reeks, Fal­lenAn­gels, ewe flink deur­ge­draf. Hy is g’n An­dré P. B­rink nie, maar sy kort hoof­stuk­ke en boei­en­de, vin­ni­ge sto­rie­lyn hou die blaaie aan die rit­sel. Ewe in­druk­wek­kend is die oud-SAS-sol­daat se ken­nis van sy on­der­werp.

Die hoof­ka­rak­ter, die oud­sol­daat Will Ja­e­ger, en sy span spes­mag­sol­da­te spring uit vlieg­tuie, jaag op die see, veg op stran­de en in die bos. Tus­sen­in ont­ra­fel hy stuk­kie-vir­ruk­kie die raai­sel van sy fa­mi­lie se ver­dwy­ning en die hoogs ge­hei­me or­ga­ni­sa­sie wat die he­le mens­dom wil te­rug­neem na die dae van Hit­ler.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.