Re­dak­teurs­brief en re­dak­sie­lys ......................................................

WegSleep Hengelgids - - ERSTE SEITE - RE­DAK­TEUR

Daar’s ’n ou grap­pie oor die ver­skil tus­sen ’n vis­ser­man en ’n hen­ge­laar: Die een neem vis huis toe en die an­der een net ’n ver­koue.

Ek is ’n hen­ge­laar. Ek het al twee vis­stok­ke in my le­we ge­had. Die eer­ste een het ek by my ou­pa ge­kry toe ek om­trent vyf was. Hy was ’n vis­ser­man. Hy’t ’n he­le hand vol stok­ke ge­had wat ag­ter die deur ge­staan het van sy ron­da­wel op die plaas. My­ne was so ’n klein blou af­fê­re­tjie met ’n kof­fie­meul­ka­trol­le­tjie. Ek dink hy het plan­ne ge­had om sy klein­seun te gaan tou­wys maak met re­ën­boog­fo­rel in die Oos-kaap se s­tro­me, maar die e­nig­ste ding wat ek ooit daar­mee ge­vang het, was ’n krap in die plaas­dam.

Die twee­de stok het ek baie ja­re la­ter by ’n mo­tor­ver­vaar­di­ger per­sent ge­kry toe ek en ’n groep an­der joer­na­lis­te die be­kend­stel­ling van ’n nu­we vier­trek­voer­tuig in die Noord-kaap by­ge­woon het. Dis ’n mooi vlieg­hen­gel­stok met ’n kurk­hand­vat­sel en ka­trol met sul­ke geel lyn daar­op. Des­tyds was daar ’n in­struk­teur by­der­hand wat be­duie het hoe ’n mens moet maak. Dis glo “al­les in die ge­wrig”, maar die Oran­je­ri­vier se vis­se het hul­le min ge­steur aan my en my ge­wrig.

Ek is dus nie een van daar­die men­se wat my vis­stok eer­ste pak wan­neer ek gaan kamp nie, maar tog neem ek dit ge­reeld saam. Dis nie dat ek dink ek gaan lyk soos iets uit daai Brad Pitt-fliek nie, maar bloot vir die lek­ker­te. Hen­gel en kamp het mos die­self­de rit­me en daar is nie ’n be­ter tyd om lyn nat te maak nie.

Par­ty men­se is meer be­sorg oor die vis- vang as die kamp­plek, maar vir die mees­te van ons is dit be­lang­rik dat die res van die ge­sin ewe lek­ker kan kui­er by ’n oord met be­hoor­li­ke ge­rie­we.

Dis waar­om ons be­sluit het om hier­die gids saam te stel. Ons gee geen­sins voor hier­die 50 kamp­plek­ke is die e­nig­ste plek­ke waar jy kan kamp én vis­vang nie. As jy eg­ter wel lus het om jou lyn te gaan nat maak, sal dié boek jou ’n goeie aan­dui­ding gee van waar jy jou wa of tent kan gaan staan­maak so­dat jou ge­sin kan ont­span ter­wyl jy jou met hoe­ke, sin­kers en ly­ne be­moei. Trou­ens, selfs al ver­geet jy jou stok­ke by die huis, sal jy steeds lek­ker kamp by hier­die oor­de.

Ons het ook met die men­se van die Suid-a­fri­kaan­se In­s­ti­tuut vir A­kwa­tie­se Bi­o­di­ver­si­teit (SAIAB) saam­ge­werk om die lys op te stel van 27 al­ge­me­ne hen­gel­vis­se, wat jy dalk by hier­die oor­de sal te­ë­kom. Die be­skry­wings sluit in hul­le ha­bi­tat, ge­woon­tes en wen­ke van hoe om hul­le te vang.

As jy nie reeds jou pro­vin­si­a­le hen­gel­kleu­re het nie en dalk nog won­der wat die ver­skil tus­sen ’n kof­fie­meul en ’n draai­spoel­ka­trol is, sal jy op bl. 82-90 ’n aan­dui­ding kry van die soort ge­rei wat jy gaan no­dig hê vir jou eer­ste groot vangs – of ten min­ste as ’n goeie re­kwi­sie­te vir jou sto­rie oor daai gro­te wat weg­ge­kom het.

Lek­ker lees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.