Gau­teng-oor­de .................................................................................

Bass La­ke-lod­ge

WegSleep Hengelgids - - ERSTE SEITE -

Bass La­ke-lod­ge is ’n vyf­ster­oord waar jy som­mer met die in­trap­slag al be­derf word met ’n gla­sie ys­koue vrug­te­sap op ’n skink­bord.

Die kamp­ter­rein, in die Bob­be­jaans­berg, so­wat 20 mi­nu­te van P­re­to­ria af, is langs ’n dam, en die 35 mooi af­ge­ba­ken­de staan­plek­ke is weers­kan­te van twee “hoof­stra­te” uit­ge­lê, elk­een met ’n net­jie­se rand­steen rond­om, met ’n ewe net­jie­se bed­ding langs­aan. Los maar jou wa­ter­pas by die huis, want hier gaan jy nie stoei om die wa ge­lyk te kry nie. Bring eg­ter jou hart­pil­le­tjies as jy van rol­bal hou, want die groen ta­pyt van buf­fels­gras op die staan­plek­ke is plat ge­noeg om e­ni­ge rol­bal­gees­drif­ti­ge se hart vin­ni­ger te laat klop.

Vir die hen­ge­laar is hier twee dam­me waar jy swart­baars en kur­per kan uit­trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.