Lim­po­po-oor­de ...............................................................................

ATKV Ei­land-spa

WegSleep Hengelgids - - ERSTE SEITE -

Ei­land-spa is een van die ou­er kamp­plek­ke in dié om­ge­wing en ge­wis die ge­wild­ste. Die staan­plek­ke is nie op groen gras­per­ke nie – nee, hier is bos­veld­sand aan die or­de van die dag met mo­pa­nie­bo­me daar­op.

El­ke staan­plek het sy eie kraan en woon­wa­ti­pe krag­punt, en los staal­braai­ers staan o­ral rond.

Die warm wa­ter wat uit die aar­de bor­rel, bly die groot at­trak­sie. Daar is een warm­wa­ter­swem­bad en een kou­e­wa­ter­swem­bad met ’n ver­hit­te plas­poel tus­sen dié twee.

Die Hyd­ro is ’n on­der­dak­swem­bad waar jy so te sê die eer­ste ge­brui­ker van die warm wa­ter diep uit die aar­de is. En naas dié bad is daar ook ’n stoom­ka­mer.

Die win­kel reg­oor die Hyd­ro het e­nig­iets van vars groen­te en vleis tot blik­kies­kos, vars brood, drank en hout; en langs­aan is ’n kroeg en re­stau­rant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.