K­wazu­lu-na­tal-oor­de ....................................................................

Dolphin-oord

WegSleep Hengelgids - - ERSTE SEITE -

By die ont­vangs­kan­toor kry jy ’n net­jie­se di­a­gram van die oord én aan­wy­sings tot by die staan­plek wat aan jou toe­ge­wys is.

Bui­ten die kamp­geld moet jy ook ’n de­po­si­to van R100 neer­sit om ’n af­stand­be­heer vir die val­hek­ke te kry.

Die staan­plek­ke is op ge­lyk­ge­maak­te ter­ras­se, en die mees­te is heel­te­mal met gras be­dek.

El­ke vier staan­plek­ke deel ‘n kraan en krag­punt (blou woon­wa­sok). Drie­kwart van die staan­plek­ke het ook ’n Tv-kop­pel­punt.

Die staan­plek­ke het nie braai­ers nie, maar daar is ’n ge­meen­skap­li­ke braai­plek na­by die swem­bad.

Plek-plek is daar s­mal voet­paad­jies tus­sen die kamp­plek­ke so­dat jy nie in die mo­tor­pad hoef te stap nie.

Langs die ont­vangs­kan­toor is ’n ki­osk wat 24 uur oop is – hier kan jy din­ge soos hout, hout­skool en ys koop.

Die Bal­li­to-ge­typoel is een van die ge­wil­de hen­gel­plek­ke in die om­ge­wing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.