M­pu­ma­lan­ga-oor­de........................................................................

De Voet­pad­kloof

WegSleep Hengelgids - - ERSTE SEITE -

Soos jy De Voet­pad­kloof bin­ne­ry, is die dam – van om­trent 170 x 150 m – links van die pad, nog voor jy by die ont­vangs­kan­toor uit­kom. Dis nou wel nie ’n o­se­aan nie, maar dis groot ge­noeg om te kyk of jy en jou kroos ’n slag het met hen­gel voor jy ten duur­ste stok­ke en ge­rei aan­skaf. Die vis wat jy vang, moet weer te­rug in die wa­ter. Die staan­plek­ke strek van reg ag­ter die ot­vangs­ge­bou teen die kop­pie uit – weg van die dam af.

Die mees­te van dié staan- plek­ke is weers­kan­te van ’n ge­pla­vei­de pad uit­ge­lê. Die ver­ste staan­plek is skaars 250 m van die wa­ter af. Hier is ge­noeg koel­te, en die drie a­blu­sie­blok­ke is net­jies ver­sprei so­dat dit ge­rief­lik na­by is vir al­mal.

As die kwik styg en jy voel lus om af te koel, mik na die swem­bad­dens na­der aan die ont­vangs­kan­toor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.