Noord-kaap-oor­de ..........................................................................

Bro­ad­wa­ter-ri­vier­oord

WegSleep Hengelgids - - ERSTE SEITE -

By Bro­ad­wa­ter kamp jy op groen gras on­der groot koel­te­bo­me langs ’n 50 km lan­ge be­vaar­ba­re deel van die Vaal­ri­vier. As jy dink daar swem net karp en ba­ber in vars wa­ter, dan moet jy hier kom in­loer – nie min­der nie as 13 vis­spe­sies kom in dié deel van die ri­vier voor.

Die staan­plek­ke is op ver­skil­len­de vlak­ke en elk­een het ’n on­be­lem­mer­de uit­sig op die gro­te Vaal. Dié vier­ster­oord het glad ’n eie bad­ka­mer by el­ke staan­plek (wat ’n op­was­ka­mer in­sluit) en dis nie net die plaas­li­ke kam­peer­ders wat hier kom af­saal nie. An­der kom van reg oor die land en baie sluit Bro­ad­wa­ter in op hul­le rei­se na Na­ma­kwa­land en Na­mi­bië. Ter­wyl die son sak tot die don­ker oor­neem, hoor jy die ge­roep van vis­a­ren­de on­der die Noor­dKaap­se nag.

As die vis­se die hoe­ke be­gin ig­no­reer en jy an­der af­lei­ding soek, kan jy langs­aan op die stoep of dek van Die Pon­trestau­rant gaan sit en jou vol­gen­de aas be­dink. Dis se­we dae van die week oop. Vir die jong klomp wat hou van lyf nat­maak, is dit die kans om soos wa­re plaas­ja­pies in die ri­vier te swem. Hul­le kan da­rem in die “ge­wo­ne” blou swem­bad langs die re­stau­rant in­duik as die ri­vier­wa­ter hul­le laat gril. Ter­wyl jy sit en vis­stok­ke dop­hou en die kin­ders kar­ring, kan jy hul­le aan­jaag na die wa­ter­wurm, tram­po­lien of swaaie tot­dat sa­ke langs die wa­ter be­daar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.