Wes-kaap-oor­de .............................................................................

Ber­g­ri­vier­oord

WegSleep Hengelgids - - ERSTE SEITE -

Die Ber­g­ri­vier­oord lê so­wat 50 km bui­te Kaap­stad, aan die oe­wer van die Ber­g­ri­vier.

Jy kan kies of jy óp die ri­vier­wal, in die bos of in die oop­tes wil kamp met ’n uit­sig oor Paarl- en Si­mons­berg. Die oord is in vyf blok­ke ver­deel. Blok A se staan­plek­ke lê teen­aan die ri­vier en blok B (net vir woon­wa­ens) ag­ter die cha­lets. Blok C, D en E se staan­plek­ke wis­sel van ska­du­ry­ke oe­we­rer­we tot oop staan­plek­ke. Daar is ook ’n hand­jie vol ver­steek­te staan­plek­ke aan Franschhoek se kant van die oord met ’n uit­sig oor die ri­vier.

El­ke staan­plek, be­hal­we dié in die Blik­kies-bos­kamp (in die deel van die oord die naas­te aan die Paarl), het ’n 15 A-krag­punt en ook ’n braai­bak (maar dié het swak ven­ti­la­sie; bring dus maar jou eie een saam). Die kra­ne staan ver­spreid oor die kamp­ter­rein en som­mi­ge word deur meer staan­plek­ke ge­deel as an­der.

Die Blik­kies-deel is die pri­mi­tie­wer, be­bos­te deel van die kamp­ter­rein. Hier is nie krag­pun­te nie, en dié deel van die ter­rein is af­ge­son­der van die res van die kamp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.