Vars­wa­ter­vis ....................................................................................

Hyd­ro­cy­n­us vit­ta­tus

WegSleep Hengelgids - - ERSTE SEITE - Teks Dr. Olaf Weyl Skets Da­ve Voor­velt © SAIAB

Die tier­vis is waar­skyn­lik A­fri­ka se be­kend­ste sport­vis. Met hul­le groot vurk­stert is hul­le ge­bou vir spoed en ver­snel­ling. Hul­le tan­de is vlym­skerp en die La­tyn­se naam be­te­ken “ge­streep­te wa­ter­hond”.

Hul­le kom reg oor A­fri­ka voor, maar in Suid-a­fri­ka sal jy hul­le net kry in die noor­de­li­ke de­le van die land – dit is in die La­e­veld en na­by S­wa­zi­land in die Ko­ma­ti- en Pon­go­la­ri­vier­stel­sel. Groot­te en bi­o­lo­gie: Hen­ge­laars vang meest­al vis­se van om en by 3 kg; een van gro­ter as 5 kg kan jy be­skou as ’n tro­fee. Hul­le groei sta­dig, en ’n ou­tjie van 3,5 kg is om­trent se­we jaar oud. Dit is ’n jag­vis met groot oë en ’n goed ont­wik­kel­de reuk- en smaak- sintuig, en bo­ge­mid­del­de ge­hoor – dus kan hy sy prooi in skoon én troe­bel wa­ter op­spoor. Hul­le wis­sel ook soms tan­de, net soos haaie. Die wy­fies word gro­ter as die man­ne­tjies, en ’n wy­fie van 3,5 kg kan 750 000 ei­ers dra. In die broei­sei­soen mi­greer hul­le stroom­op, iets wat hul­le kwes­baar maak om­dat men­se on­wet­tig met net­te vang. Ha­bi­tat: Jy sal hul­le meest­al kry in dam­me en wa­ter wat vin­nig vloei. Die Pon­go­la­poort­dam en die La­er-pon­go­la­ri­vier is die ge­wild­ste hen­gel­plek in die land vir dié ge­sog­te vis. Vang hul­le só: Tier­vis byt aan dooie én le­wen­di­ge aas, maar baie hen­ge­laars ge­bruik kuns­aas soos spin­ners. Wat ook al jou voor­keur is, jy moet ’n ka­bel­tjie aan die aas vas­bind so­dat die vis nie die lyn af­byt nie. Ter wil­le van die vis­ge­tal­le moet jy hul­le laat gaan as jy hul­le ge­vang het. Dís ’n re­kord: Die SuidA­fri­kaan­se re­kord staan op 8,3 kg, maar van die vis­se in die Pon­go­la­poort­dam weeg glo tot 11 kg. Die groot­ste tier­vis tot nog toe is in die Ka­ri­ba­meer in Zim­bab­we ge­vang en het die skaal op 16 kg ge­trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.