Toe­rus­ting .........................................................................................

WegSleep Hengelgids - - ERSTE SEITE -

’n Kam­peer­der gaan nie som­mer dui­sen­de rand uit­haal vir hen­gel­ge­rei nie, ver­al nie as hy net el­ke dan en wan wil lyn nat­maak nie. Maar goeds­moeds koop kan, net soos goed­koop koop, duur koop wees. As jy jou slag langs die

vars­wa­ters wil pro­beer, lees ’n bie­tjie hier...

Mik ver. Kies ’n stok van 3 m of lan­ger, van gra­fiet. Om­trent R600 per stok. Die sou­sie tel. Vis­se is net so kies­keu­rig soos men­se, en elk­een het sy voor­keur. Geur­sels soos groen pie­sang, ka­ra­mel, o­ran­je gre­na­del­la en ge­meng­de vrug­te doen die ding. In die om­ge­wing van R35 per hou­er­tjie. Kom na­der aan va­der. Kies ’n skep­net van sag­te tou – dis vis­vrien­de­li­ker. So­wat R140

Wag ’n bie­tjie. As jy nie jou vis da­de­lik te­rug­gooi nie, kan jy hom in ’n hou­net sit. Die sag­te tou is die reg­te een. On­ge­veer R180 Deur die mik­ke. Koop ver­stel­ba­re stok­staan­ders so­dat jy dit op ’n ge­mak­li­ke hoog­te vir jóú kan stel. E­nig­iets van­af R800 Kies kof­fie. Hou by ’n ko­fe­meul­ka­trol met ’n bait run­ner -ak­sie­ver­stel­ling en ’n spoel wat min­stens 300 m lyn kan vat. Rond­om R450 per ka­trol. Vang hom met ’n slap riem. Kies sag­te soe­pel lyn met ’n breek­krag van hoog­stens 4,08 kg. So­wat R80 vir ’n 600 mrol (Pro­beer die dun­ste lyn met die hoog­ste breek­krag kies.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.