Bronk­horst­spruit

E­zem­velo

WegSleep Hengelgids - - GAUTENG -

By die E­zem­velo-re­ser­vaat an­der­kant Bronk­horst­spruit wag die rus­ti­ge na­tuur vir jou.

Hier, tus­sen die rant­jies in die gras­vlak­tes, sien jy van swart­wil­de­bees­te tot koe­does, se­bras, s­pring­bok­ke, hart­bees­te en selfs volstruise.

Die ont­vangs­kan­toor is on­ge­veer 4 km an­der­kant die re­ser­vaat­hek op die R907-grond­pad net noord van Bronk­horst­spruit. Die kamp­plek is so­wat 300 m ver­der.

Hier is 50 staan­plek­ke en om­dat dit om­trent teen­aan die kop­pie lê, staan jy teen ’n ef­fen­se hel­ling. Die bo­me sorg vir or­dent­li­ke koel­te vir el­ke ge­sin, maar die gras ly hier­on­der. Op die mees­te staan­plek­ke gaan jou grond­seil die e­nig­ste stuk­kie groe­nig­heid wees. Die eer­ste paar staan­plek­ke – nr. 1-6 en nr. 20-25 – is taam­lik plat en hul­le het ook gras, maar dan moet jy te­vre­de wees om koel­te­bo­me in te boet. El­ke twee staan­plek­ke deel ’n ge­mes­sel­de braai­plek en jy deel ’n krag­boks en lig met twee buur­man­ne.

Die kamp is nie om­hein nie, en el­ke dan en wan stap hier ’n wilds­bok ver­by.

Jy mag gaan wild kyk in jou eie voer­tuig. Die grond­paad­jies is heel goed – selfs vir ’n ge­wo­ne se­dan.

Vol­gens E­zem­velo se web­werf is hier op die 45 km² wat die re­ser­vaat be­slaan ’n ge­skat­te 2 000 die­re.

Hier is ook ’n he­le paar stap­roe­tes wat jy in die re­ser­vaat kan aan­pak.

Langs die kan­toor is ’n groot swem­bad en aan die kamp­kant van die kan­toor ’n skaf­li­ke mi­ni­gholf­baan. By die kan­toor is ’n dam waar jy kan kyk of ’n vis lus voel om te byt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.