Ma­ga­lies­burg

Eas­t­co Ma­ga­lies

WegSleep Hengelgids - - GAUTENG -

Dié oord is een van daar­die kamp­plek­ke wat baie ba­sie­se din­ge reg doen en so­doen­de ge­wild bly.

El­ke staan­plek het by­voor­beeld ’n ska­du­net van 6 x 8 m oor, en on­der­langs ’n be­ton­blad. Die krag­punt (’n ge­wo­ne huis­prop) is net­jies teen een van die hoek­pi­la­re van die ska­du­net ge­mon­teer.

Jy het ook jou eie braai­plek én ’n kraan.

Soos jy ver­by die ont­vangs­kan­toor ry, lê die kamp­plek­ke in ses rye of wat regs.

Links is ’n paar cha­lets en voor dit drie dam­me vir hen­gel.

By die twee dam­me die naas­te aan die kamp­plek kan jy karp en ba­ber aan die hoek kom haak.

Die groot­ste dam is om­trent so groot soos ’n rug­by­veld.

In die ver­ste dam­me­tjie kan jy swart­baars pro­beer vang.

Jy be­taal nie vir die hen­gel nie, maar wan­neer jy ’n vis vang, is die laas­te p­ret ’n fo­to – die vis moet te­rug wa­ter toe.

Die ont­vangs­kan­toor dien ook as ’n snoep­win­kel, met e­nig­iets van ys tot braai­hout en blik­kies­kos. Hul­le het ’n groot ver­skei­den­heid hen­gel­ge­rei – van stok­ke reg­deur tot aas.

As jy wil rond­ry in die na­tuur, lê Eas­t­co se wild­ge­bied so­wat 3 km grond­pad langs van die kamp­plek se hoof­in­gang af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.