Mey­er­ton

K­lip­draai

WegSleep Hengelgids - - GAUTENG -

Die groot K­lip­draai-woon­wa­park, ge­leë langs die K­lip­ri­vier, is net ’n uur se ry van Jo­han­nes­burg af.

In K­lip­draai, met sy meer as 300 staan­plek­ke, is doen­din­ge en ver­maak vir oud en jonk – hier is drie swem­bad­dens, twee ja­cuz­zi’s, ’n mi­ni­gholf­baan, ki­osk, tram­po­liens, ’n vlug­bal­baan, speel­park, groot bui­te­skaak­bord en pool- ka­mer.

Hier is heel­wat vo­ëls en wild om te kyk én jy kan in die ri­vier lyn in­gooi.

Die staan­plek­ke is nie af­ge­ba­ken nie. Om na­by die warm­wa­ter­swem­bad te wees moet jy regs mik, en vir meer koel­te links hou.

Al­mal het min of meer die­self­de hoe­veel­heid gras.

Kyk ook hoe lyk die krag- en wa­ter­pun­te. Al die krag­pun­te het plek vir ses drie­punt­prop­pe. As jy ’n ent­jie weg van ’n krag­punt moet staan, gaan jy ’n ver­leng­koord no­dig hê.

Die agt a­blu­sie­blok­ke staan rond en bont oor die kamp­ter­rein ver­sprei.

K­lip­draai is ook be­kend vir die mu­siek- en kos­fees­te wat hier aan­ge­bied word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.