Hoed­spruit

Kla­se­rie-woon­wa­park

WegSleep Hengelgids - - LIMPOPO -

Gert Ven­ter het on­langs saam met sy ge­sin en vrien­de by die Kla­se­rie-woon­wa­park net an­der­kant Hoed­spruit in­ge­loer en sê dis ’n plek vir uit­span én or­dent­lik hen­gel.

“Die oord ding nie mee met die groot na­me nie, maar het ge­wis ’n eie ka­rak­ter.

“Hul­le is ge­leë na­by die Kla­se­rie­dam, maar g­rens nie self aan die oe­wer nie, hoe­wel die plek sy eie dam het.

“Tans is hier se­we groot staan­plek­ke en die ei­e­naars is be­sig om die oord uit te brei met nog ’n be­oog­de 30 staan­plek­ke.

“El­ke staan­plek het sy eie krag (drie­punt­sok) en wa­ter as­ook jou braai­plek, en die staan­plek­ke g­rens aan die wa­ter. Die a­blu­sie­blok­ke is al­tyd skoon.

“As jy meer bos as ge­rief ver­kies, is hier ook ’n bos­kamp wat aan die in­loop van die Kla­se­rie­dam g­rens, maar jy boet krag en wa­ter in.

“In die bos­kamp is vier staan­plek­ke met heel­wat koel­te, en die staan­plek­ke is so­wat 40 m uit­me­kaar.

“’n Mens kan nie kla oor dié­kant­se bad­ka­mers nie – hul­le is om­trent 50 m van die staan­plek­ke af.

“As jy nie wil kamp nie, is hier ook vier per­ma­nen­te ten­te plus net so­veel cha­lets. En as jy ’n blaas­kans wil neem, word hier wilds­rit­te aan­ge­bied. Die na­grit­te kos R350 p.p.

“Jy is na­by die Or­pen­hek van die Kru­ger­wild­tuin – met ons be­soek het kam­peer­ders ge­reeld ’n draai gaan maak in die wild­tuin.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.