Be­la-be­la

T­ha­ba Mo­na­te

WegSleep Hengelgids - - LIMPOPO -

By T­ha­ba Mo­na­te weet jy as kam­peer­der pre­sies wat dit be­hels om in die Wa­ter­berg te kamp. Die Ny­a­la-kamp­plek is uit­ge­lê teen ’n rant­jie, en die een deel laat ’n mens nog­al aan ’n at­le­tiek­baan dink. Langs die baan­ge­deel­te is staan­plek­ke in ’n en­kel­ry langs me­kaar uit­ge­lê en in die mid­del – net soos aan die bui­te­ran­de van die staan­plek­ke – is dit nog die oor­spronk­li­ke bos.

Hier is ’n klein swem­bad vir vin­nig af­koel, maar vir die res van die oord se be­dry­wig­he­de moet jy ’n he­le ent teen die bult­jie af­stap – om­trent ’n hal­we ki­lo­me­ter – tot jy by die warm­wa­ter­swem­bad is; die ont­vangs­ge­bou is ook hier na­by.

Die swem­bad be­staan uit drie vlak­ke met ver­skil­len­de diep­tes. Hier­nef­fens is nog ’n ver­de­re paar staan­plek­ke in die Rooi­bok­kamp. Jy kan gaan wild kyk met jou 4x4, op ’n roe­te wat heel ge­mak­lik is, maar die wil­de ou­tjies hou hul­le lyf skaars.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.