Mo­di­mol­le

Wees­ge­rus

WegSleep Hengelgids - - LIMPOPO -

Soos jy die oord in­ry, kom jy ag­ter din­ge ge­beur op groot skaal: Hier tel ge­tal­le. Dit woel by die swem­bad, am­per soos by ’n mu­ni­si­pa­le swem­plek.

Hier is vier ver­hit­te swem­bad­dens, as­ook drie kou­es én ’n wa­ter­gly­baan. Daar is selfs ’n spe­si­a­le stoel waar­mee ge­strem­des in die wa­ter laat sak kan word.

Wees­ge­rus het ook sy eie dam waar jy kan lyn in­gooi. Jy kan karp, ba­ber en swart­baars hier haak, sê die oord se as­sis­tent­hoof­be­stuur­der, Le­zan­ne Gro­ve.

By die staan­plek­ke is heel­wat koel­te­bo­me. (Hier is 38 in­heem­se bo­me, en ’n paar ek­so­tie­se palm­bo­me by die bad­dens.)

Die kam­peer­plek­ke is in sir­kels uit­ge­lê rond­om ’n sen­tra­le a­blu­sie­blok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.