St. Lu­cia

Kaap Vi­dal

WegSleep Hengelgids - - KWAZULU-NATAL -

As jy op soek is na na­tuur­skoon, is Kaap Vi­dal in die Gro­ter St. Lu­cia-vlei­land­park vir jou.

Jy hoef eg­ter nie te stoei om hier uit te kom nie – jy ry met ’n teer­pad tot in Kaap Vi­dal se kam­peer­ter­rein.

Be­plan ’n paar maan­de voor­uit wan­neer en vir hoe lank jy hier wil kamp. Dis ge­woon­lik vol ge­du­ren­de die skool­va­kan­sies.

Kaap Vi­dal is ’n net­jie­se kamp­ter­rein met ewe net­jie­se bad­ka­mers, en daar is net ’n groot duin tus­sen jou en die see.

Ver­der is daar ook ’n win­kel vir die ba­sie­se din­ge, en heel­wat om jou en die kroos be­sig te hou in die om­ge­wing – soos vis­vang, duik, strand­stap, son­baai en vo­ël­kyk.

Die staan­plek­ke is op sand, met krag en vul­lis­drom­me wat be­stand is teen ape.

Die mees­te staan­plek­ke het koel­te en daar is ’n kraan vir min of meer el­ke drie staan­plek­ke. Hier en daar staan ’n ge­meen­skap­li­ke braai­plek met ’n roos­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.