Suid­kus

S­cott­burgh

WegSleep Hengelgids - - KWAZULU-NATAL -

Die S­cott­burgh-woon­wa­park is ’n e­nor­me plek met meer as 260 staan­plek­ke. Hier kry jy ál­les: Prag­ti­ge stran­de en rots­poe­le, goeie plek­kies vir vis­vang of bran­der­plank­ry, en ho­pe plek vir som­mer net lui wees.

Van Fe­bru­a­rie tot vroeg in Ju­lie kan jy ’n staan­plek teen die s­trand kies, want dan is dit nie so win­de­rig nie. Die ag­ter­ste staan­plek­ke, met meer bo­me en bos­se wat jou teen die wind be­skerm, is tus­sen Ju­lie en Ja­nu­a­rie ’n be­ter keu­se.

Hier is baie koel­te­staan­plek­ke en dis goed af­ge­merk, groot en op ge­lyk grond.

Bring al­mal se baai­broe­ke; die In­die­se O­se­aan se wa­ter is heer­lik warm, en die kin­ders sal hul­le poot­uit speel op die wa­ter­wurm by die s­trand.

Ont­hou ook jou gholf­stok­ke, want hier is van die bes­te ba­ne in Suid-a­fri­ka. Die Um­do­ni-baan is ’n lek­ker uit­da­ging, en Sel­bor­ne en S­cott­burgh se ba­ne staan geen­sins te­rug nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.