Gras­kop

Fo­re­ver B­ly­de Ca­nyon

WegSleep Hengelgids - - MPUMALANGA -

Dis nie net die ca­nyon wat groot is nie; Fo­re­ver se B­ly­de Ca­nyon-kam­peer­plek is ook ’n groot naam in dié ge­wes­te.

On­ge­veer 100 m ver­by die ont­vangs­ge­bou draai die paad­jie af na die staan­plek­ke wat al­mal in ’n ry langs me­kaar lê, met die lief­lik­ste uit­sig oor die Drie Ron­da­wels.

Elk­een het sy eie krag­punt, braai­ge­rie­we en ta­fel-en-stoel­stel. En el­ke kamp­plek het ’n be­hoor­li­ke koel­te­boom.

Vir die kroos is hier om­trent ’n ak­ker vol gly­plan­ke, swaaie en klim­toe­stel­le.

Na­by die speel­plek vir die kin­ders is ’n net­jie­se swem­bad wat om­trent 30 x 20 m groot is, met die lief­lik­ste groen gras rond­om.

In die oord is ’n drank­win­kel, vul­sta­sie en ‘n re­stau­rant met ‘n si­gaar­sit­ka­mer.

Die oord is baie sen­traal ge­leë – be­soek ge­rus van die om­lig­gen­de be­siens­waar­dig­he­de soos die be­ken­de God’s Win­dow en die Bour­ke’s Luck-kolk­ga­te.

Dit is fo­rel­wê­reld vir vlieg­hen­ge­laars hier­die, maar jy kan ook in die om­ge­wing lyn in­gooi om baars, geel­vis en kur­per te haak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.