Dull­stroom

E­lands­kloof-fo­rel­plaas

WegSleep Hengelgids - - MPUMALANGA -

Dié kamp­plek is op ’n plaas met 11 fo­reldam­me. Die oord lê teen een van die dam­me en is sta­p­af­stand van die mees­te an­der dam­me af. Hier is twee kamp­plek­ke. In die Ou Kamp kan jy on­der bo­me of teen­aan die wa­ter kamp en kies uit 15 staan­plek­ke met gras, krag, wa­ter­kra­ne, braai­plek­ke en braai­drom­me. Die mans­bad­ka­mer het vier stor­te, toi­let­te en was­bak­ke, en aan die vrou­e­kant is daar drie stor­te, toi­let­te en was­bak­ke. Ver­der is hier vier bad­ka­mers wat mans en vroue deel.

Die Nu­we Kamp het 50 staan­plek­ke en is ’n ent ver­der te­rug ho­ër op teen die heu­wel – jy het ’n lief­li­ke uit­sig oor die val­lei. Dit is ’n groot oop deel en jy kan kamp op­slaan waar jy wil. Hier is ook gras, maar die koel­te is skraps. As jy koel­te wil hê, help 11 gras­af­dak­ke waar­langs jy kan kamp. Dié staan­plek­ke het ook krag – bring net jou ver­leng­koord saam, want van die krag­pun­te is nog­al ver van jou staan­plek af. Hier is ook wa­ter, braai- drom­me en ’n op­was­ge­deel­te.

Die a­blu­sie­ge­rie­we is vier bad­ka­mers, elk met ’n stort, toi­let en was­bak. Al die bad­ka­mers word tot drie keer per dag skoon­ge­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.